Huisgenoot

SIYA KOLISI VIER GROOT 3-0

Die Springbokk­aptein Siya Kolisi het onlangs op Jeugdag sy 30ste verjaardag gevier. Die pa van twee gesels met ons oor hoe hy sy 20’s groet.

-

Wat beteken dit vir jou om 30 te word?

Dit is ’n wonderlike geleenthei­d om vars te begin en na die toekoms uit te sien. Ek gaan besin oor wat ek gedoen het, kyk waar ek kan verbeter en wat ek met my stigting kan doen.

Sou jou 10-jarige self trots gewees het op wie jy nou is?

Ja, maar daar is nog soveel om te doen. Die 30-jarige ek wil soveel 10-jariges se stories verander as wat ek kan. Ek wil hê hulle moet weet alles is moontlik en dat hulle struikelbl­okke kan oorkom. Ek wil seker maak die “volgende Siya” sukkel nie soos ek gesukkel het nie.

Wat is jou gunsteling­aanhaling om jou te motiveer?

“Umuntu ngumuntu ngabantu” – jy is wie jy is danksy ander mense. Ek glo dis hoe ek sukses behaal het in die lewe. Ek glo nie in die konsep dat mense selfgemaak is nie, daar is altyd dié wat ’n verskil in jou lewe maak.

Watter lewensless­e het ouerskap jou geleer?

Die kosbaarste geskenk wat jy aan jou kinders kan gee, is tyd. Hulle raak vinnig verveeld met speelgoed, want daar is altyd nuwe speelgoed. Al wat my kinders saam met my wil doen, is speel. Dit is die grootste ding wat hulle wil hê: jou tyd.

 ??  ?? Die Springbokk­aptein, Siya Kolisi.
Siya op die rugbyveld.
Die Springbokk­aptein, Siya Kolisi. Siya op die rugbyveld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa