Huisgenoot

Alles oor wol

Van die kraal na die kas, leer meer oor die pad wat wol loop om een van talle veelsydige produkte te word

-

AS JY in Suid-Afrika woon, sal jy verskoon word as jy dink alle wol kom van skape. Want hoewel skape die hoofwolbro­n is en Suid-Afrika 2-3% van die wêreld se wol verskaf, is daar verskeie diere insluitend bokke, hase, kamele en alpakkas wat wol verskaf. Waar sysagte wol gewilder is vir truie, musse, serpe en sokkies, word sterker wol weer vir matte gebruik. Suid-Afrika voorsien in al hierdie behoeftes.

WAAR KOM SKAAPWOL VANDAAN?

Die storie van wol is amper so oud soos die berge. Argeologie­se bewyse uit Iran toon dat skape reeds 5 000 jaar gelede vir hul wol begin teel is. Die vroegste wolklere wat al gevind is, is tussen 3 500 en 6 000 jaar oud. Skape is reeds deur die mense van die Steentydpe­rk vir kos en klere gebruik.

Die eerste skape in Suider-Afrika is so 2 000 jaar gelede uit die noorde hiergeen gebring deur Khoisan-jagters. Hierdie skape was voorganger­s van die inheemse Kaapse vetstertsk­aap.

Met Jan van Riebeeck se koms in die Kaap moes hy verseker dat daar onder meer vars vleis vir verbygaand­e skepe beskikbaar was en die nomadiese trekgewoon­tes van die Khoisan was te sporadies en onvoorspel­baar om ruilhandel suksesvol te kon instel. Kommissari­s Ryckloff van Goens is getaak met die invoer van skape en reeds in

1657 is 10 wolskape ingevoer. Hul hoofdoel was egter vleisprodu­ksie, en hoewel hulle wolskape was, is hulle gekruis met die harige inheemse skape.

Die wolbedryf in Suid-Afrika dateer uit 1789 toe daar ses Spaanse merinoskap­e in die land aangekom het. Die destydse militêre bevelvoerd­er van die Kasteel was ene kolonel Robert Jacob Gordon wat wou verseker dat dié ras nie met die plaaslike skape verbaster nie.

Die merino was baie gewild as wolskaap vir die helderheid, fynheid en sterkte van sy wol. Gordon het die skape op die Kompanjie se plaas Groenkloof naby Mamre in die Kaap aangehou. Die skape het uitstekend­e wol gelewer, goed aangepas en vinnig vermeerder.

In 1820 het die Britse Setlaars die wolbedryf uitgebrei na die oostelike Kaapprovin­sie, en die

Groot Trek het verseker die merinoskaa­p word verder die binneland in gevestig.

Eers in die tweede helfte van die 19de eeu het skaapboerd­ery groot vordering begin maak. Met die ontdekking van

goud en minerale het die mynbedryf ’n belangrike mark vir vleis en ander produkte geskep.

WAAROM IS WOL GEWILD?

Wol is sag, snoesig en rekbaar en hou mens (en dier!) warm. Wol, ’n natuurlike stof, kan “asemhaal”, wat beteken dit absorbeer die vog wat die liggaam

kan afgee, iets wat sintetiese materiale nie kan doen nie. Wol hou sy vorm goed en

is maklik om skoon te maak. Boonop kreukel wol nie so maklik nie en hoef wolklere min gestryk te word. Wol word gewoonlik vooraf gekrimp en is brandtraag en word daarom gebruik in beskermend­e klere vir renjaers, brandbestr­yders en metaalgiet­ers. Dit isoleer jou ook

teen die koue en word deur bergklimme­rs en is vroeër selfs deur ruimtevaar­ders gebruik om hulle teen die ysige koue te beskerm. Dis dikwels vooraf behandel om insek- en mufbestand te wees. Wol kan jou selfs warm hou al is dit klam. Dit alles maak wol die ideale vesel vir komberse, truie, musse, handskoene, serpe en sokkies.

HOE WORD SKAAPWOL VERVAARDIG?

Skaapboere skeer hul skape gewoonlik een of, in warm dele, twee keer per jaar. Dit is nie slegs om finansiële redes nie. Om skape gesond en gelukkig te hou, moet hulle gemaklik deur die verskeie seisoene kan gaan. Skape kan nie meer natuurlik van hul wol

ontslae raak nie. Dit is oor jare uit hulle geteel. Dit beteken hulle is afhanklik van mense om hulle te skeer. Skape wat nie geskeer word nie, se wol sal te swaar raak en die skaap, wat nie sy eie liggaamste­mperatuur suksesvol kan reguleer nie, kan van hitteuitpu­tting vrek.

Die skaap se vel word met miljoene wol

vesels bedek wat hom teen die ele

mente (veral koue) beskerm. Dit staan as die vag bekend. Ná die koue winterseis­oen het skape nie meer hul dik wolbedekki­ngs nodig nie en die skeerprose­s bring dus groot verligting vir die skaap.

1 SKEER Goeie skaapskeer­ders kan daagliks tot sowat 200 skape

skeer. Die proses, wat met ’n elektriese of handskêr gedoen word, vereis ’n sterk rug en goeie armspiere. Skaapskeer­ders probeer die vag in een stuk afsny deur lang, gladde hale te gebruik. Hierdie proses maak nie die dier seer nie en kan met ’n goeie haarsny vergelyk word. Die vag van ’n merino weeg gemiddeld sowat 4,5 kg.

Nadat die skape geskeer is, stuur die meeste boere hulle so gou moontlik – nadat enige snyplekke genees het – vir ’n goeie ontsmettin­g in ’n dip om hulle gesond te hou. 2 SORTEER EN KLASSEER Die wol word nou gesorteer en enige dele wat vuil, besmet, te kort of nie van ’n goeie gehalte is nie, word afgesny en verwyder op ’n afrandtafe­l. Hierna moet klasseerde­rs die wol in verskillen­de klasse sorteer. Dit is ’n spesialisv­eld en ’n goeie wolklassee­rder kan deur sowat 4 500 kg wol

per week werk. Tydens die klassering­sproses word na die helderheid, karteling, lengte, volheid,

suiwerheid, fynheid en sagtheid gekyk. Van die afrandtafe­l gaan die wol na verskillen­de wolbakke – verskillen­de soorte of grade bymekaar – en dit word dan netjies met ’n wolpers gebaal. ’n Baal moet minstens 120 kg weeg, maar kan tot 200 kg weeg. Die wol is gereed vir die veiling.

3 SKOONMAAK Die vuilheid in skape se wol is 30% tot 70% van die wolgewig. Dit kan alles wees van stukkies plante tot sand. Die wol moet nou deeglik met warm water en suiwerings­middels gewas word. Een van die neweproduk­te van wol, lanolien of wolvet, word ook tydens hierdie proses verwyder en gesuiwer. Dit word in gesigroom, seep, politoer en salf gebruik.

4 UITKAM Nadat die wol gewas is, is die woldrade baie gekoek en staan dit in alle rigtings, nes jou hare nadat jy dit gewas het. Die wol word nou gepluis en uitgekam deur rollers met metaaltand­e. Hierna word dit in lang, dun woldrade

gevou. Enige oorblywend­e stukkies vuilheid word ook verwyder. Die draadtande kam die vesels eweredig en dit lê daarna op mekaar.

5 SPIN Die dun woldrade word gebruik om wolgaring mee te maak deur dit te rek en te vleg. Die gewig en dunheid van die garing word hierdeur bepaal. Om een stuk wolgaring te maak, kan tot vier van die woldrade saamgespin word. In die verlede is spinwiele gebruik, maar vandag word woldrade met masjiene tot wol of ander soorte garing gespin. Wol se natuurlike kleur wissel van wit tot ’n donker ivoor.

Die vesel absorbeer kleur goed en die kleurprose­s vind plaas deur die wol in ’n warm kleurstofo­plossing in groot vate te plaas waar stoomdruk die kleur in die vesels indwing. Wanneer die spinproses klaar is, word die garing om tolle gedraai.

6 WEEF EN AFWERK Die wol is nou gereed om in verskillen­de materiale geweef te word. Die materiaal word bepaal deur of die wol geborsel, gepluis, in een rigting gekam of platgestry­k word. Te danke aan moderne tegnologie is baie van die wolprodukt­e reeds behandel om insek- en mufbestand te wees en vooraf gekrimp en brandtraag.

 ??  ?? LINKS: Die buitelaag van ’n skaap se vag kan nogal vuil wees. ONDER: Baas van die plaas! Die merinoskaa­p is een van die gewildste en bekendste skaaprasse ter wêreld en veral gewild vir sy wolgehalte. Die eerste merinoskap­e het in 1789 in Kaapstad poot aan wal gesit.
LINKS: Die buitelaag van ’n skaap se vag kan nogal vuil wees. ONDER: Baas van die plaas! Die merinoskaa­p is een van die gewildste en bekendste skaaprasse ter wêreld en veral gewild vir sy wolgehalte. Die eerste merinoskap­e het in 1789 in Kaapstad poot aan wal gesit.
 ??  ?? Wol word gebruik in beskermend­e klere van renjaers, brandbestr­yders en ook metaalgiet­ers.
Wol word gebruik in beskermend­e klere van renjaers, brandbestr­yders en ook metaalgiet­ers.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die skeerprose­s verwyder die vag.
D3ie wol word dan met seep en warm water gewas.
Die skeerprose­s verwyder die vag. D3ie wol word dan met seep en warm water gewas.
 ??  ?? Tydens die klassering­sproses word gekyk na die helderheid, karteling, lengte, sagtheid en fynheid.
Tydens die klassering­sproses word gekyk na die helderheid, karteling, lengte, sagtheid en fynheid.
 ??  ?? Die wol word deur groot rollers met dun metaaltand­e gepluis en uitgekam.
Die wol word deur groot rollers met dun metaaltand­e gepluis en uitgekam.
 ??  ?? Gekamde woldrade word gebruik om wolgaring te maak deur dit te rek en vleg in dikker drade.
Gekamde woldrade word gebruik om wolgaring te maak deur dit te rek en vleg in dikker drade.
 ??  ?? Lanolien word in gesigroom, seep, salf en ander skoonheids­middels gebruik.
Lanolien word in gesigroom, seep, salf en ander skoonheids­middels gebruik.
 ??  ?? Wol kan jou warm hou selfs wanneer dit klam is.
Wol kan jou warm hou selfs wanneer dit klam is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa