Huisgenoot

Sweet Tooth: Die heerlike nuwe fantasiere­eks waaroor almal praat

Hier is wat jy moet weet oor dié reeks wat opslae maak

- Saamgestel deur LARA ATSON

1

Die Amerikaans­e fantasiedr­amareeks is gegrond op die strokiesbo­ekreeks deur Jeff Lemire. Die reeks begin 10 jaar nadat ’n gebeurteni­s, The Great Crumble, die wêreld in chaos gedompel het. ’n Dodelike virus saai vrees, so ook die massageboo­rte van hibriede babas wat deels mens deels dier is. Mense vrees en jag hulle. Die takbokseun Gus (Christian Convery) raak bevriend met ’n swerwende alleenlope­r, Jepperd (Nonso Anozie). Hulle gaan dan saam op ’n avontuur in wat oor is van Amerika om antwoorde te kry.

2

Die oud-7de Laner Neil Sandilands vertolk die rol van die skurk in die reeks, Steven Abbot. Nadat die virus chaos veroorsaak het, word Steven ’n generaal wat ’n postapokal­iptiese weermag lei.

3

Die reeks is verlede jaar tydens die covid-19-pandemie in NieuSeelan­d geskiet. “Hulle het die loodsepiso­de in Nieu-Seeland geskiet en toe gebeur die coronaviru­skrisis. Tydens die covidtyd is ons Nieu-Seeland toe om die hele produksie te voltooi,” het Neil onlangs in ’n onderhoud vertel. “Ek was in Suid-Afrika toe ek die rol gekry het en moes eers Doebai toe vlieg, en toe van Doebai af Nieu-Seeland toe. In Doebai én Nieu-Seeland was ek ’n ruk lank in kwarantyn. Ons moes die hele tyd protokol volg en het deur ’n hele produksie gegaan sonder enige gevalle.”

4

Die hoofster, Christian Convery, is net 11 jaar oud en woon in Vancouver, Kanada. Toe Christian die rol van Gus losslaan, het hy dadelik navorsing oor takbokke begin doen – soos hoe hulle beweeg en hoe hulle in sekere situasies voel. “Ek het video’s gekyk van hoe hulle optree en wat hul verskillen­de liggaamsde­le doen,” vertel hy.

5

Hulle het “duisende lae lym en gom” aan Christian gesit om ’n vormafdruk van hom te maak. “Hulle het die buitelyn van my kop gekry en toe vir my ’n kopstuk gemaak wat ek oor my kop gedra het. Dit het twee klein magnetiese stompies waar die takbokhori­ngs aangeheg word, so ek kon dit aansit en weer afhaal.” Sy ore is meganies beheer. “Die afstandbeh­eerder stuur ’n sein na ’n batterypak wat ek gewoonlik op my rug dra, en dit stuur weer ’n sein na my ore toe, so dis hoe dit werk.” Só lyk Sweet Tooth soos ’n lewende takbok.

6

Die strokiesbo­ek is in 2009 gepublisee­r – dieselfde jaar waarin Christian gebore is. “Dis regtig donker,” sê hy. “Dis beslis nie familievri­endelik nie. Voor ek die rol van Sweet Tooth gekry het, het ek nie juis van strokiesbo­eke gehou nie.” Nadat hy die rol gekry het, het hy al die boeke bestel. “Ek het dit oor en oor en oor gelees. Nou hou ek regtig van strokiesbo­eke en ek is mal daaroor om dit te lees.”

7

Die Hollywood-ster Robert Downey jr., wat onder meer die Marvel-held Iron Man op die silwerdoek gespeel het, en sy vrou, Susan, is die uitvoerend­e vervaardig­ers van die reeks. “Ek hoop mense het dieselfde er

varing wat ons het om saam met ons kinders op die rusbank op te krul en dit almal saam te kyk,” sê Susan. Die egpaar het twee kinders, Exton (9) en Avri (6).

8

Die Golden Globe-bekroonde akteur James Brolin is die verteller in die reeks. James is getroud met die sangeres Barbra Streisand en is die pa van die akteur Josh Brolin, Thanos in die Avengers-fliekreeks.

9

Die akteurs het gereeld saam uitgehang, vertel Christian. Hulle het onder meer saam vir ’n pottebakke­ryklas gegaan. “Ons het baie gepraat, baie aandetes gehad en soms saam kunsklasse gedoen.” Dit het gehelp met die toneelspee­lproses.

10

Die reeks is al ’n kruising tussen die X-Men-fliek Logan, die speletjie The Last of Us en die fantasiefl­iek Where the Wild Things Are genoem.

 ??  ??
 ??  ?? Die hoofrol in die fantasiere­eks Sweet
Tooth word deur Christian Convery vertolk.
BO: Neil Sandilands as die booswig genl. Steven Abbot. REGS: Die hibriede babas is deels mens en deels dier.
Die hoofrol in die fantasiere­eks Sweet Tooth word deur Christian Convery vertolk. BO: Neil Sandilands as die booswig genl. Steven Abbot. REGS: Die hibriede babas is deels mens en deels dier.
 ??  ?? Christian en Nonso Anozie se karakters vorm ’n onwaarskyn­like vriendskap in die reeks.
Christian en Nonso Anozie se karakters vorm ’n onwaarskyn­like vriendskap in die reeks.
 ??  ?? Stefania LaVie Owen (naaslinks) speel ’n tienermeis­ie wat ’n bende lei.
Stefania LaVie Owen (naaslinks) speel ’n tienermeis­ie wat ’n bende lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa