Dra ’n wit T-hemp só stylvol in die winter
Moenie dat jou wit T-hemde in jou klerekas stof vergader in die koue seisoen nie. Ons wys jou hoe om hierdie somerstaatmaker in jou wintervoorkoms in te werk
DRA DIT SAAM MET ’N PREPPY KNOOPTRUI
Trek aandag in ’n kleurblokknooptrui en rekbroek en gee jou wit T-hemp ’n preppy gevoel met moeitelose flair deur dit saam met brogues en ’n oulike handsak te dra.
Wees dapper en speel met kleur. Die Duitse beïnvloeder Sonia Lyson stileer haar wit T-hemp met ’n beige Pangaiasweetpakbroek, Essentiel Antwerp-trui, rooi Louis Vuitton-handsak en Gucci-slenterskoene in Berlyn.
KRY DIE VOORKOMS
1 Rondenek-T-hemp R73,95, It’s Local 2 Rekbroek R189,99, Exact 3 Kleurblokknooptrui R799, Zara 4 Geplooide handsak R459, Zara 5 Brogues R575, Truworths
DRA DIT SAAM MET ’N JAS
Ekstra lae is ’n moet vir kouer temperature. Kombineer jou basiese wit T-hemp met gemaklike aktiewe drag soos ’n ontspanne rekbroek en stileer dit met ’n meltonjas en warm stewels vir ’n voorkoms wat reg is vir die strate invaar.
Die modeblogger Lois Opoku dra ’n wit kort top saam met ’n grys rekbroek, beige Lala Berlin-jas en bruin stewels in haar tuisstad, Berlyn. Sy voeg ’n spatsel kleur by met ’n rooi Boyyhandsak.
KRY DIE VOORKOMS
1 Influencer-T-hemp R50, Mr Price
2 Grys sweetpakbroek R199,99, The Fix 3 Meltonjas R1 099, Truworths
4 Gekwilte handsak R529, Zara
5 Olyfgroen stewels deur Mia R659, Kingsmead Shoes
DRA DIT SAAM MET FORMELE PAKKE
Laat ’n basiese T-hemp stylvoller lyk met bypassende patroonstukke. Kies sportsjiek vir ’n informele voorkoms of ’n patroonbaadjie en -broek vir ’n tikkie elegansie wat perfek is vir die kantoor of ’n aand uit.
Die Duitse TVaanbieder Jennifer Knäble wys ’n wit T-hemp en blommepak is ’n wenkombinasie vir die winter. Sy rond ’n wit Juvia-top en blou Mos Mosh-pak af met ligbruin Uterqüe-skoene en ’n wit Maison Mollerus-handsak vir ’n straatstylfotosessie in Frankfurt.
KRY DIE VOORKOMS
1 Blommebaadjie deur Ruald Rheeder R1 299, YDE Blommelangbroek deur Ruald Rheeder R699, YDE Wit T-hemp R129, Woolworths Blokhakstewels R249,99, Mr Price
Gekwilte handsak R249,99, The Fix
DRA DIT SAAM MET KLEURFAMILIE-BREIDRAG
Gee jou wit T-hemp ’n sportsjiek gevoel vir die winter met ontspanne breidrag in skakerings van dieselfde kleurfamilie en rond dit af met wit stewels.
Kies ’n wit-en-grys kleurkombinasie soos die Duitse beïnvloeder Gitta Banko. Sy lyk asemrowend in ’n wit Juvia-Themp, grys Nili Lotan-sweetpakbroek en oorgroot baadjie deur The Frankie Shop tydens ’n straatstylfotosessie in Düsseldorf. Sy rond haar voorkoms af met wit stewels deur Common Projects, ’n Ray-Ban-sonbril en ’n wit Chanel-heupsak.
KRY DIE VOORKOMS
1 Breistofbaadjie R799, Zara 2 Breistof-wyepyplangbroek R480, Truworths
Wit T-hemp deur Adidas R299,95, Sportscene
Wit tekkiestewels R249,99, Mr Price
Gekwilte heupsak met knoppies R279, Zando
DRA DIT SAAM MET CARGOBROEKE
Klassieke nuts-cargobroeke is met mening terug. Stileer dit met ontspanne silhoeëtte en stewels en maak ’n stelling in swart en wit stukke.
’n Parysenaar rond ’n monochrome uitrusting af met ’n hoed met ’n Gucci-kenteken en diksool-enkelstewels van leer vir ’n uitstappie in die Franse hoofstad.
DRA DIT SAAM MET DENIM
Jy kan nie ’n fout maak met ’n wit T-hemp en klassieke denim-op-denim nie. Jy sal dié seisoen in dié uitrusting leef.
Die model en blogger Julia Dalia is in ’n wit T-hemp deur Armedangels, Calvin Kleinjeans, ’n Native Youth-baadjie en kleurvolle tekkies in haar tuisstad, Berlyn, afgeneem.
DRA DIT SAAM MET ’N BAADJIE
Bou op jou basiese wit T-hemp voort met laag-op-laag-stukke in helder kleure soos taan en geel om op straat uit te staan.
Die stilis Emy Venturini dra ’n wit Ipsilon Paris-T-hemp by ’n bruin cargobroek, geel oorgroot baadjie en plat skoene in Parys. Sy rond haar treffende voorkoms af met ’n goue halssnoer en swart donkerbril.
DRA DIT SAAM MET ’N ROMP
Maak ’n stelling in ’n patroon-T-hemp met opvallende logo’s of frases en gee dit ’n speelse preppy en ontspanne gevoel met ’n sjiek plooiromp.
Die modeontwerper Sue Giers stileer ’n antieksjiek T-hemp met ’n grysbruin maksiromp en kappietop deur SoSUE, Balenciaga-tekkies, ’n pet en handsak van Dior vir ’n straatstylfotosessie in Hamburg.