Huisgenoot

Om jou ma te verloor bly die seerste seer

-

“Die klanke van hul rou pyn kon deur die hele huis gehoor word. Hul lewe sou nooit weer dieselfde wees nie.” (“Diana, gedenk aan jou”, 1 September).

As iemand wat my ma in my tienerjare verloor het, weet ek presies wat daai woorde beteken. Daardie pyn is die seerste wat ek ooit in my lewe beleef het. En dit bly seer.

Soms raak dit beter, maar dan tref dit jou weer onkant.

Dit was 18 jaar gelede. Ek was 19 jaar oud met ’n baba van 9 maande toe my tannie ons kom haal het om na die hospitaal te gaan waar my ma opgeneem is.

My ma . . . so koud op daardie hospitaalb­ed. Ek sal daai Sondag nooit vergeet nie. Ek het gehuil soos nog nooit in my lewe nie.

Ek is nou ’n ma van twee tienerseun­s en is onlangs getroud. Die dag van my troue, 13 Augustus 2022, was weer een van daai dae toe die verlange na Ma my onkant gevang het. Maar ek het geen traan gestort nie, want ek het geweet sy stap heelpad saam met my deur die lewe.

Ja, om jou moeder te verloor is die seerste seer. AULIE GAOSES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa