Huisgenoot

EINDE VAN DIE SOUSTREIN

-

Dis tyd dat minder mense leef van salarisse wat hulle by die koningshui­s trek, glo Charles. En sy planne om die personeel te verminder gaan by sy eie familie begin.

Harry en Andrew het albei die diens van die koningshui­s verlaat – die eerste een vrywillig; die ander een omdat hy beveel is om hom skaars te hou. Maar die nuwe koning gaan dalk nog ’n paar koninklike­s vra om ’n tree terug te neem.

Met die viering van die koningin se jubileum vroeër vanjaar was dit al duidelik hoe ’n meer vaartbelyn­de koningshui­s sal lyk. Net Charles, Camilla, William, Kate, George, Charlotte en Louis was toe saam met die koningin op Buckingham­paleis se balkon – in teenstelli­ng met vroeëre jare toe al wat ’n neef en niggie op die balkon ingeprop is.

“Dit is Charles se visie vir die toekoms – ’n monargie wat net rondom die koning en sy opvolgers draai, met minder randfigure,” sê Richard. “Die meer soepel, gefokusde koningshui­s dien nie net hul eie belange nie. Charles se oogmerk is dat hulle die monargie se voortbesta­an beskerm. In Charles se gedagtes het koste ’n belangrike faktor geword vir hoe mense oor die instelling dink. Hy weet die publiek wil waarde vir hul geld sien, ook wat die monargie betref.”

Die koning wil hê sy familie se eiendomme moet geld genereer. Hy wil van sy amptelike wonings vir die publiek oopstel. Buckingham­paleis is deesdae twee maande per jaar oop vir besoekers; Charles wil dit die hele jaar oop hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa