Huisgenoot

DÍS WAARSONDER EK NIE KAN LEEF NIE

Steve verklap vier items wat hy altyd naby hou.

-

1

SY KITAAR

Dit hou my kop op die regte plek. Ek is ’n nerd as dit by my kitaar kom.

2

HANDREINIG­ER

Jy vat aan baie goed en dis vuil. Dan vat jy aan iets en eet dalk tjips en lek jou vingers, dan is al die kieme in jou mond. Maar met handreinig­er kan jy daardie dinge doen. Moet net nie te veel handreinig­er gebruik nie, want netnou haal jy die goeie bakterieë ook van jou hande af. Was jou hande!

3

LIPSALF

Dis ’n moet. My lippe voel soms asvaal. Soms vergeet ek om lipsalf aan te smeer, dan kan ek voel hoe droog my lippe is. Dis hoekom dit altyd in my sak is waar ek ook al gaan.

4

ASMAPOMPIE Wel, ek sal doodgaan sonder dit. Wanneer ek te veel dinge doen, het ek dit nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa