Huisgenoot

STORMERS, JOU LEKKER DING!

-

HY HET agt jaar lank vir die Cheetahs uitgedraf en was deel van die span toe hulle in 2016 en 2019 die Curriebeke­r gewen het. Verlede maand het CLAYTON BLOMMETJIE­S Bloemfonte­in gegroet en nou is hy terug op sy Bolandse tuisdorp, Paarl, en draf hy deesdae vir die Stormers uit. “Dit was tot dusver wonderlik,” sê hy. “Daar is geen plek soos die huis nie. Ek geniet dit ook om deel van die span te wees. Almal was van die begin af superverwe­lkomend.” Dis ook vir hom lekker om sy verloofde, KRISTLE PETERSON, en hul dogter, CLAY-NEESHA (9), langs die veld te hê om hom aan te moedig. “Ek en Kristle is al twee jaar verloof. Sy is ’n wonderlike ma vir ons dogter en beslis die beste ondersteun­ingstruktu­ur op én van die veld af.”

Sy rol as pa vir Clay-Neesha is vir hom die grootste geskenk. “Die beste en lekkerste ding daarvan om haar pa te wees, is die liefde en vreugde wat ek ervaar wanneer ek by haar is.”

 ?? ??
 ?? ?? Clayton en die twee vroue in sy lewe, sy verloofde, Kristle Peterson, en dogtertjie, Clay-Neesha.
Clayton en die twee vroue in sy lewe, sy verloofde, Kristle Peterson, en dogtertjie, Clay-Neesha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa