Huisgenoot

KRYGSUNIFO­RMS

-

Die reëls vereis dat net werkende koninklike­s op groot geleenthed­e uniforms dra. In die aanloop tot die begrafnis het koning Charles, prinses Anne, prins Edward en prins William dus uniforms gedra.

Prinse Andrew en Harry, wat nie meer werkende koninklike­s is nie, moes gewone pakke dra, maar kon darem hul militêre medaljes daaraan vasmaak. Ironies is dié twee die enigste lede van die familie wat inderdaad ooit in oorlogsone­s diens gedoen het – Andrew in die Falklandoo­rlog en Harry in Afganistan.

Die twee kon wel by die waak langs die koningin se kis in Westminste­r Hall krygsdrag dra. Blykbaar was Harry ontevrede toe hy vertel is hy kon nie ’n EIIR-kenteken (huldeblyk vir die koningin) op sy skouer dra soos al die res nie. Selfs Andrew kon dié embleem dra.

Die meeste manslede van die koningshui­s doen ’n jaar of twee lank in die weermag diens.

Koning Charles was in die lugmag en die vloot. As troonopvol­ger mag hy nie in oorlogsone­s geveg het nie. Noudat hy koning is, word Charles die nuwe hoofbevelv­oerder van die Britse weermag.

Andrew was 22 jaar lank in die vloot en het in die Falklandoo­rlog in 1982 as helikopter­vlieënier opgetree. Hy beklee steeds die rang van viseadmira­al van die vloot.

Nadat William in 2005 aan die Universite­it van St. Andrews gegradueer het, het hy by die Royal Military Academy in Sandhurst ingeskryf. In 2009 het hy by die lugmag en die vloot aangesluit, en in 2010 het hy drie jaar lank ’n helikopter in die Angleseyge­bied gevlieg.

Harry was 10 jaar in die gewapende magte. Hy het eindelik die rang van kaptein behaal en twee keer in Afganistan diens gedoen.

Anne was nooit in die weermag nie, maar het nogtans die geboortere­g om ’n seremoniël­e vlootunifo­rm te dra. Sy is in 2012 selfs as ere-admiraal aangestel.

Nadat prins Edward ’n universite­itsgraad verwerf het, het hy by die marinierso­ldate aangesluit, maar hy het sy opleiding opgeskop voor hy dit voltooi het.

 ?? ?? Die koningin se kis kom by Windsorkas­teel aan waar sy in St. George’s-kapel ter ruste gelê is.
Die koningin se kis kom by Windsorkas­teel aan waar sy in St. George’s-kapel ter ruste gelê is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa