Huisgenoot

HILDEGARDT WHITES

-

Die 7de Laan-aktrise en haar musikant-man, KUBA SILKIEWICZ, se seuntjie, MILES (5), het in 2020 op drie sy debuut op die kassie gemaak. Miles was ook in dié sepie te sien as Willem (Markus Haywood) en Felicity (Melanie du Bois) se seuntjie, Ethan. “Hy geniet dit baie en die kamera is ook mal oor hom,” sê Hildegardt. “Ek het nie in ’n miljoen jaar gedink my kind gaan doen wat ek doen nie, want hy het geen belangstel­ling gehad toe hy kleiner was nie. Hy wou net goed bou en lees. Hy is nou baie geïnteress­eerd in musiek. Ek en my man wonder albei of hy gaan doen wat ons doen. Wie weet, as dit wel gebeur, sal dit wonderlik wees.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa