Huisgenoot

ELDERS IN DIE WÊRELD

-

14-JARIGE KRAAK KODE OP NUWE MUNT

Die Australian Signals Directorat­e (ASD), ’n regeringsa­gentskap wat verantwoor­delik is vir die hantering van geheime boodskappe en help om die land teen kuberkrake­rs te beskerm, het ’n spesiale 50c-muntstuk uitgereik om hul 75ste bestaansja­ar te herdenk (sien Woord van die Week). Die spioenasie-agentskap het onthul die muntstuk het vier lae kodes wat boodskappe oor die ASD bevat. Binne ’n uur nadat dit uitgereik is, het ’n 14-jarige seun van Tasmanië ál vier lae uitgepluis. Die ASD-direkteur, Rachel Noble, het gesê dié wat die kode kan kraak, kan dalk “’n toekomstig­e loopbaan by ons hê”.

GEREDDE DOLFYN STERF

’n Siek irrawaddyd­olfynkalf wat uit ’n getypoel in Thailand gered is, is dood. Die soogdier se redders het hom Paradon gedoop, wat rofweg vertaal word as “broederlik­e las”, want hulle het geweet dit sou moeilik wees om sy lewe te red.

Veeartse en vrywillige­rs het die swak dolfyn meer as ’n maand lank by ’n Thaise navorsings­entrum melk gevoer en versorg. “Al kon ons nie Paradon se lewe red nie, het ons baie geleer. Min mense het al irrawaddyd­olfyne versorg,” het ’n veearts, Oranee Jongkolpat­h, gesê. Dié dolfyne se voortbesta­an word deur habitatver­lies, besoedelin­g en visvangpra­ktyke bedreig.

KERNAANLEG SLUIT

Zaporizja, die grootste kernaanleg in Europa en een van die grootstes ter wêreld, is gesluit terwyl Rusland se inval van Oekraïne steeds voortduur.

Zaporizja is die afgelope maande gereeld deur Russiese magte aangeval, wat veroorsaak het dat kenners dit weens veiligheid­skwessies moes sluit. ’n Kernkragaa­nleg moet koel gehou word sodat dit nie oorverhit nie; dit produseer ook giftige afval wat met groot sorg gehanteer en geberg moet word.

Die groot gevaar van kernkrag is bestraling. As iets “radioaktie­f” is, beteken dit dat dit uitstralin­g afgee – energie wat in golwe beweeg. Hoë vlakke van bestraling kan siekte of selfs dood veroorsaak. Die aanvalle het die aanleg beskadig, en die meeste van sy reaktors is gesluit om ’n katastrofi­ese ongeluk te vermy.

 ?? ?? THAILAND
THAILAND
 ?? ?? AUSTRALIË
AUSTRALIË
 ?? ?? OEKRAÏNE
OEKRAÏNE
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa