PROE DIE OOSTE

BE­ÏN­DRUK JOU GAS­TE MET HIER­DIE MAK­LI­KE OOS­TER­SE SPYS­KAART EN SLIM TA­FEL­VER­SIE­RINGS

Idees Onthaal - - Inhoud -

Be­ïn­druk jou gas­te met hier­die mak­li­ke Oos­ter­se spys­kaart.

Skep die prent­jie

Dek ’n ek­so­tie­se Oos­ter­se ta­fel. Ons het ons laat lei deur die blou-en­wit por­se­lein­wa­re wat ’n mens o­ral in C­hi­ne­se win­kels raak­loop, en ’n ge­so­fis­ti­keer­de pa­let van ink­blou, blos­pienk, bam­boes­kleur en tit­sels goud en swart vir ons ta­fel ge­kies. Speel met sim­me­trie en ron­de, vier­kan­ti­ge en lang­wer­pi­ge vorms en kom­bi­neer dit met Oos­ter­se il­lus­tra­sies en kal­li­gra­fie vir ’n in­te­res­san­te kon­tras.

dun draad

staal­li­ni­aal

Ta­fel­blad

Dé­cou­pa­ge ’n ge­wo­ne ta­fel­blad om by jou te­ma te pas. Ge­bruik C­hi­ne­se koe­rant­pa­pier, il­lus­tra­sies soos die blou­en-wit to­neel wat ons ge­bruik het as­ook uit­druk­ke van kal­li­gra­fie­se e­le­men­te en selfs die spys­kaart en rang­skik dit oor die ta­fel­blad. Dé­cou­pa­ge dit met mod­ge pod­ge wan­neer jy te­vre­de is met die uit­leg. Rond dit af met tik­kies blad­goud.

Plek­mat­jies

Ko­pi­eer die il­lus­tra­sie op blad­sy 97 oor hoe om C­hi­ne­se eet­stok­kies te ge­bruik op af­trek­pa­pier, sny dit in die reg­te groot­te en sit een op el­ke gas se op­ge­rol­de bam­boes­plek­mat­jie neer.

C­hi­ne­se weg­neem­bok­sies

Sit ’n bok­sie met ’n klein ge­sken­kie by el­ke gas se plek neer.

Jy be­no­dig

boks­pa­tro­ne op blad­sy 97

ste­wi­ge wit kar­ton

goue tos­sel­tjies of an­der ver­sie­rings

lang­neus­tang

hand­werk­pons

hand­werk­mes en sny­mat

So maak jy

1 Ko­pi­eer die blou-en-wit bok­sie op blad­sy 97 in die ver­lang­de groot­te op wit kar­ton en sny dit met jou hand­werk­mes, sny­mat en staal­li­ni­aal uit. 2 Ge­bruik die pa­troon met die vou­ly­ne op blad­sy 97 as gids en merk die voue op die ag­ter­kant van die uit­ge­sny­de boks uit. 3 Gaan lig­gies oor die vou­ly­ne met die hand­werk­mes – ge­bruik die staal­li­ni­aal so­dat jy net­jie­se ly­ne trek, maar op­pas dat jy nie reg­deur die kar­ton sny nie. Vou die kar­ton teen die li­ni­aal op om die bo­dem van die boks te vorm. Vou die res van die boks net so. 4 Vou die sy­kan­te van die boks in en pons die ga­te vir die hand­vat­sel deur al die kar­ton­lae. 5 Knip ’n stuk draad vir die hand­vat­sel en buig dit in ’n vier­kan­ti­ge vorm. Ge­bruik die lang­neus­tang en buig die pun­te in­waarts om. Haak dit deur die ge­pons­te ga­te aan weers­kan­te van die boks. 6 Sit ’n for­tuin­koe­kie of an­der C­hi­ne­se lek­ker­ny in die boks en vou dit toe. Ver­sier dit met ’n goue tos­sel­tjie of ’n an­der ver­sie­ring.

Was­goed­pen­ne­tjieeet­stok­kies

Hier­die is ’n truuk om mak­li­ker met C­hi­ne­se eet­stok­kies te eet. Ge­bruik ’n gom­ge­weer en plak ’n was­goed­pen­ne­tjie tus­sen el­ke s­tel eet­stok­kies vas – die was­goed­pen­ne­tjie se knyp­deel moet ge­lyk met die ag­ter­ste pun­te van die stok­kies wees. Laat dit droog word voor­dat jy dit op die ta­fel uit­pak.

Eet­ge­rei-blik­kies

Hou el­ke gas se eet­ge­rei in sy of haar eie blik­kie by­me­kaar op die ta­fel. Koop C­hi­ne­se blik­kies koel­drank en sny dit oop met ’n blik­oop­ma­ker. Gooi die koel­drank oor in ’n an­der hou­er en spoel die blik­kies uit. Laat dit droog word voor­dat jy die eet­ge­rei in die blik­kies sit.

Blom­me

Die tak­kies pienk mag­no­li­a­bloei­sels lyk prag­tig teen die blou en wit van die res van die ta­fel­de­kor. Sit die tak­kies in ’n ver­skei­den­heid sa­ke-bot­tels of laat dit net so los op die ta­fel lê.

Men­gel­dran­kies

Ver­wel­kom jou gas­te met ’n vars, vrug­ti­ge ske­mer­kel­kie. Man­go­draak Meng 100 ml man­go­sap, 100 ml klap­per­wa­ter en 25 ml vod­ka en giet dit in ’n glas ge­vul met fyn ys. Drup ’n bie­tjie gre­na­dien bo-oor en rond dit af met ’n blok­kie vars man­go op ’n klein peu­sel­stok­kie. Gem­mer­bom Meng 100 ml gem­mer­bier, 100 ml pyn­ap­pel­sap en 25 ml lig­te rum en giet dit in ’n glas ge­vul met fyn ys. Drup ’n bie­tjie Bolls Blue bo-oor en gar­neer dit met ’n lem­me­tjie­sky­fie.

Sus­hi-slaai­bord

Probeer gerus dié mak­li­ke ma­nier om jou eie sus­hi op te to­wer – dit lyk mooi en smaak ewe fan­tas­ties. Dra dit ta­fel toe op ’n op­dien­bord so­dat jou gas­te self kan kies wat hul­le wil eet. Sorg dat daar gaar gar­na­le en ge­rook­te salm is, as­ook gaar en rou vis.

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

400 g sus­hi-rys

60 ml rys­wyn­a­syn

20 ml sui­ker

2 groot ei­ers, lig­gies ge­klits

son­ne­blom­o­lie, vir braai

125 g ge­rook­te salm of salm­fo­rel

250 g vars tu­na of salm, dun ge­sny

250 g gaar gar­na­le, dop­pe ver­wy­der

2 ryp a­vo­ka­do­pe­re, in sky­we ge­sny

6 mi­ni-kom­kom­mers, in sky­fies of

ju­lien­ne-re­pies ge­sny

2 spriet­uie, in ju­lien­ne-re­pies ge­sny

ge­roos­ter­de se­sam­saad, pie­kel­gem­mer,

so­ja­sous, wa­sa­bi en Ja­pan­ne­se

ma­yon­nai­se, om voor te sit

1 Spoel die rys in koue wa­ter af tot die wa­ter hel­der uit­loop. 2 Sit die rys in ’n ka­strol en voeg 440 ml wa­ter by. Ver­hit dit tot kook­punt en roer dit af en toe. Ver­laag die hit­te wan­neer dit be­gin kook, sit die dek­sel op en laat dit vir 8 mi­nu­te prut tot al die wa­ter ge­ab­sor­beer is. Laat dit vir 10 mi­nu­te een­kant staan met die dek­sel op. 3 Ver­hit die rys­wyn­a­syn, sui­ker en 1 ml sout saam en haal dit van die plaat af wan­neer dit vuur­warm is. 4 Sprei die gaar rys uit in ’n groot, plat bak en s­prin­kel die a­syn­meng­sel oor. Meng dit lig­gies deur en laat dit dan heel­te­mal af­koel. 5 Maak nou dun o­me­let­te van die ge­klits­te ei­er: Ver­hit ’n bie­tjie o­lie in ’n kleef­vrye pan, voeg van die ge­klits­te ei­er by en kan­tel die pan vin­nig heen en weer so­dat die ei­er die he­le bo­dem be­dek. Braai dit vir ’n mi­nuut, keer die o­me­let om en laat die an­der kant ook ’n paar se­kon­des braai. Skep die o­me­let uit die pan, rol dit op en sny dit in wie­le. Her­haal die pro­ses met die o­ri­ge ei­er.

6 Ver­sprei die rys op ’n op­dien­bord. Rang­skik die vis, gar­na­le, a­vo­ka­do, kom­kom­mer, spriet­uie en o­me­letwie­le op die rys. Sit dit voor met se­sam­saad, pie­kel­gem­mer, so­ja­sous, wa­sa­bi en Ja­pan­ne­se ma­yon­nai­se so­dat die gas­te kan skep so­veel en wat hul­le wil.

As jy jou vis pan­ge­skroei ver­kies, kan jy dit in ’n bie­tjie so­ja­sous ma­ri­neer en dan in se­sam­saad rol. Ver­hit ’n pan oor hoë hit­te, voeg ’n bie­tjie o­lie by en skroei die vis aan al­bei kan­te. Sny dit in dun sky­fies en sit dit voor.

Bros var­klies

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: om­trent 2 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 220 °C

1,5-2 kg stuk var­klies aan die been

en met die vel aan

½ ui, in dik rin­ge ge­sny

1 wor­tel, grof­ge­kap

6 ster­a­ny­se

15 ml C­hi­ne­se vyf­spe­se­ry­poei­er

10 ml grond­boon­o­lie

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

10 ml ge­ras­per­de vars gem­mer

80 ml so­ja­sous

100 ml heu­ning

80 ml droë sjer­rie

2-6 ge­droog­de rooi ris­sies

4 spriet­uie, in sky­fies ge­sny

1 Sit die var­klies in ’n groot ka­strol en be­dek dit met wa­ter. Voeg die ui­e­rin­ge, wor­tel en 2 ster­a­ny­se by en ver­hit dit tot kook­punt. Ver­laag die hit­te, sit die dek­sel op en laat dit vir 20 mi­nu­te prut. Haal dan die var­klies uit die wa­ter en sit dit op ’n draad­rak om heel­te­mal droog te word. 2 Ge­bruik ’n skerp mes en sny di­a­man­te in die vel wan­neer die var­klies droog is. Vryf die vyf­spe­se­ry­poei­er oor die on­der­kant van die lies. S­prin­kel ’n bie­tjie grow­we­sout oor die vel en vryf dit in. 3 Sit die var­klies op ’n rak­kie in ’n oond­roos­ter­pan en sit dit in die oond wan­neer dit goed warm is. Roos­ter dit vir 20 mi­nu­te, ver­laag die hit­te tot 150 °C en roos­ter dit dan vir nog 1½-2 uur of tot die vleis sag is. 4 Maak die sous ter­wyl die vleis roos­ter: Ver­hit die grond­boon­o­lie in ’n ka­strol. Voeg die knof­fel en gem­mer by en so­teer dit vir ’n paar mi­nu­te voor jy 80 ml wa­ter en die o­ri­ge be­stand­de­le (be­hal­we die spriet­uie) by­voeg en vir nog 5 mi­nu­te laat prut. Voeg die spriet­uie by en prut dit vir nog 3 mi­nu­te. Haal dit van die plaat af en hou dit een­kant. 5 As die spek­laag nog nie be­hoor­lik bros is nie, kan jy dit nog ’n paar mi­nu­te on­der die roos­ter­e­le­ment sit. Haal die var­klies uit die oond wan­neer dit reg is, maar laat dit vir 20 mi­nu­te rus voor jy dit in blok­ke sny en saam met die sous voor­sit.

Groen­te-roer­braai

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

30 ml grond­boon­o­lie

10 ml ge­ras­per­de vars gem­mer

2 knof­fel­hui­sies, in sky­fies ge­sny

6 sze­chu­an-pe­per­kor­rels

250 g ge­meng­de sam­pi­oe­ne,

in sky­fies ge­sny

1 pak­kie ba­ba­mie­lies, mid­del­deur ge­sny

1 pak­kie sneeu-ert­jies, mid­del­deur ge­sny

2 soet­ris­sies, pit­te ver­wy­der en

in hap­groot­te stuk­ke ge­sny

SOUS

100 ml aan­ge­maak­te hoen­der­af­trek­sel

20 ml so­ja­sous

20 ml rys­wyn

2 ml rys­wyn­a­syn

2 ml se­sam­o­lie

5 ml sui­ker

5 ml mie­lie­blom

1 Ver­hit die o­lie in ’n wok of groot ka­strol. Voeg die gem­mer, knof­fel en sze­chu­an-pe­per­kor­rels by en so­teer dit vir ’n mi­nuut voor jy al die groen­te by­voeg en vir 2-3 mi­nu­te so­teer tot dit net-net sag is. 2 Meng al die sous­be­stand­de­le in ’n be­ker, gooi dit in die wok en roer dit deur tot dit ver­dik het. Gooi die groen­te te­rug, meng dit deur en sit dit voor.

Bok choi

Sny 6 heel bok choi-kop­pe in die leng­te mid­del­deur. Gooi ’n bie­tjie grond­boon­o­lie in ’n groot pan en ver­hit dit oor ma­ti­ge hit­te. Sit die bok choi in die pan met die ge­sny­de kant na on­der en braai dit tot dit bruin is. Voeg 40 ml oes­ter­sous, 25 ml so­ja­sous, 1 ml se­sam­o­lie en 40 ml wa­ter by. Sit die dek­sel op en laat dit prut tot die bok choi net sag is.

Noe­dels

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

1 pak C­hi­ne­se ei­er­noe­dels

grond­boon- of son­ne­blom­o­lie

1 mid­del­slag-ui, in die helf­te en

dan dun ge­sny

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

2 ml heel ko­myn

1 pak­kie C­hi­ne­se boon­tjie­sprui­te

’n kny­pie ris­sie­poei­er (op­si­o­neel)

10 ml se­sam­saad

20 ml so­ja­sous 1

Maak die noe­dels gaar vol­gens die aan­wy­sings op die ver­pak­king tot dit net-net sag is. D­rei­neer dit.

Ver­hit ’n bie­tjie o­lie in ’n wok of groot pan, voeg die ui by en so­teer dit vir ’n mi­nuut voor jy die knof­fel en ko­myn by­voeg. Roer­braai dit vir nog ’n mi­nuut en voeg die noe­dels en o­ri­ge be­stand­de­le by. Roer­braai dit tot dit deur­gaar is en sit dit voor met die var­klies en roer­braai­groen­te. 2

Man­go-en­klap­per­room­poe­dings

Ge­noeg vir: Be­rei­dings­tyd:

60 ml room 6-8 20 mi­nu­te

2 blik­ke man­go­sky­fies, ge­drei­neer,

maar be­hou die stroop

15 ml ge­la­tien­poei­er

125 ml klap­per­room

’n skeut lem­me­tjie- of suur­le­moen­sap

1 Ver­pulp die man­go­sky­fies in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot dit glad is. 2 Gooi die ge­la­tien in ’n klein be­ker en voeg 250 ml van die man­go­stroop by. Laat dit uit­swel en ver­hit dit dan vir ’n mi­nuut in die mi­kro­golf­oond, of tot die ge­la­tien ge­smelt het. Roer dit goed en sit dit een­kant om af te koel. 3 Roer die klap­per­room, room en lem­me­tjie- of suur­le­moen­sap by en ver­deel dit tus­sen klein jel­lie­vorms of ra­mek­ins. Sit dit in die ys­kas om te stol. 4 Sit die poe­dings voor deur ’n warm lap vir ’n paar se­kon­des om die vorm te hou en dit dan uit te keer op op­dien­bord­jies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.