Knysna-Plett Herald

Knysna-man weer topmeester

- - Verskaf

Eden-hengelasso­siasie se agtste somerligak­ompetisie is onlangs gehou te Stilbaai met een hengelaar vanuit Knysna wat goed gevaar het.

Die kompetisie het op Saterdag 24 Maart plaasgevin­d, en hengelaars van regoor Eden het van 07:00 tot 16:00 hul staal gewys.

George-hengelklub het daarin gepoog om die beste te vaar op die betrokke dag met 466.07 punte wat hulle ‘n tweede plek op die A-liga ranglys verseker het.

Kallie Erasmus van Knysna-hengelklub was as topmeester vir die dag aangewys met sy telling van 90.43 punte.

Die grootste eetbare vis is deur Bernard van Wyk van George-hengelklub gevang – ‘n geelstert van 14.75 kg – en die swaarste oneetbare vis was ‘n skeurtandh­aai van 193.27 kg wat ingeweeg is deur Riaan Heunis, ook van George.

Die totale massa vis wat gevang is gedurende die kompetisie was 1 737.38 kg en daar het 138 hengelaars aan die liga deelgeneem, met 381 oneetbare en 42 eetbare visse gevang.

Die posisies van die klubs:

A-liga (klub punte)

Stilbaai 1 309.88; George 1 008.73; Knysna 701.41; Triton 690.36; Outeniqua 519.73; Atlantic 391.78; Mosselbaai 145.54

B-liga

Stilbaai 465.67; George 445.01; Triton 355.58; Atlantic 296.71; Knysna 168.91; Outeniqua 126.94; Weermag 1.21

C-liga

George A 291.33; Stilbaai C 248.30; Atlantic A 166.99; Triton 67.69; Outeniqua 51.68; Atlantic B 14.47; George B 1.12; Knysna C 0.79

Top 5 Hengelaars

AJ De Beer (Stilbaai) 276.39; Riaan Heunis (George) 241.94; Marius Baard (George) 223.78; Raldo Potgieter (Stilbaai) 215.25; Dirkie Saayman (Stilbaai) 194.55

Die volgende kompetisie vind op 28 April te Boggomsbaa­i plaas.

 ?? Foto’s: Verskaf ?? Riaan Heunis (links) met visstok in hand saam met sy skeurtandh­aai van 193kg. Danie Lodewyk van Triton-hengelklub met ‘n bulrog van 60kg.
Foto’s: Verskaf Riaan Heunis (links) met visstok in hand saam met sy skeurtandh­aai van 193kg. Danie Lodewyk van Triton-hengelklub met ‘n bulrog van 60kg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa