Knysna-Plett Herald

Afrikaanse kompetisie vir hoërskooll­eerders

Laaste kans om in te skryf

-

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurver­eniginge (FAK) het net die oplossing vir jou om jou kind kreatief besig te hou en boonop kan hulle nog lekker pryse wen ook. Die Internasio­nale AfrikaansE­kspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekomp­etisie wat fokus op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfprose­s deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaa­rs. Jou kinders kan gratis inskryf vir die kompetisie deur die volgende skakel te volg: https://ekspo.fak.org.za

Vanjaar se tema: erfenis

Erfenis is al omskryf as “dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoo­n, plekke van wetenskapl­ike of geskiedkun­dige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur.”

Wat sien jy as erfenis?

Albertus de Klerk van Walvisbaai beskou die bloedrooi boontjieke­rwer in sy ma se kombuis as sy erfenis. Die gesin is baie lief vir boontjiebr­edie en daarom het hy besluit om dié kerwer met sy kamera te verewig.

As foto’s dalk nie jou ding is nie, skryf ’n gedig, opstel of dagboekins­krywing oor iets wat jou baie na aan die hart lê of skilder dit.

Daar is sewe kategorieë waarin jy jou kreatiwite­it kan uitleef.

Dit sluit in dagboekins­krywings, ‘n resensie, ’n opstel, ’n kortverhaa­l, poësie, fotografie en skilderkun­s.

Jy mag in een of meer kategorieë deelneem.

Wie kan deelneem?

Alle graad 6- tot 12-leerders in SuidAfrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word. Ons moedig veral ook studente van Afrikaansd­epartement­e aan universite­ite regoor die wêreld aan om deel te neem. Op hierdie wyse sprei Afrikaans sy internasio­nale vlerke.

Alle inskrywing­s moet teen 31 Julie 2018 ingehandig wees. Geen laat inskrywing­s sal aanvaar word nie. Inskrywing is

gratis.

Wat kan jy wen?

Die wenskool ontvang R10 000 en die algehele wenner wat die uitblinker was en die tema die beste beskryf het, of dit nou deur ’n foto, opstel of gedig was, ontvang die wisseltrof­ee en R5000 kontant word gegee vir sy of haar skool. – Verskaf

 ?? Foto: Verskaf ?? Albertus de Klerk van Walvisbaai beskou die bloedrooi boontjieke­rwer in sy ma se kombuis as sy erfenis. Die tema van vanjaar se kompetisie is erfenis.
Foto: Verskaf Albertus de Klerk van Walvisbaai beskou die bloedrooi boontjieke­rwer in sy ma se kombuis as sy erfenis. Die tema van vanjaar se kompetisie is erfenis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa