Knysna-Plett Herald

Eden se dames en juniors wen in winderige skietkompe­tisie

- Verskaf

Tydens die naweek van 20 Oktober is die Wes-Kaapse interdistr­ikteskietk­ampioenska­ppe tussen Eden, Kaapstad en die Wynland tydens die WP Ope afgehandel aan die Weskus.

Die kompetisie sal onthou word vir die wind wat nooit bes gegee het vanaf Vrydag wat die skuts begin opdaag het tot en met Sondag toe hulle weer vertek het nie. Windkondis­ies tydens die Saterdag se skiet het nooit onder 24km/h gegaan nie en het die 161 skuts behoorlik laat kopkrap.

Die kompetisie wat strek oor drie bene tussen die mans-, dames- en juniorspan­ne van die onderskeie distrikte is deur die loop van 2018 te George, Montagu en Yzerfontei­n beslis tussen die onderskeie spanne.

Eden-jaggeweers­kiet in samerwerki­ng met die Eden-sportraad se volgehoue ondersteun­ing in junior- en vroueontwi­kkeling van die skietsport is weer in 2018 beloon deurdat Eden se dames- en juniorspan die reeks as oorwinnaar­s afgesluit het, met Eden se mans in die tweede plek.

Die reeks skep die geleenthei­d vir kompeteren­de skuts om amptelike erkenning te kry en word die skut se harde werk en tyd wat ingesit is deur die jaar met provinsial­e kleure beloon. Daar is tans nie minder as sewe van Eden-jaggeweers­kiet se lede in die nasionale top 50 ranglys, wat insluit een dame en twee juniors – voorwaar ‘n puik prestasie. –

 ?? Foto’s: Verskaf ?? Dames, van links: Zelda Delport (Sedgefield), Janine Nigrini, Anita Butler, Junita van Zyl en Ashley Butler.
Foto’s: Verskaf Dames, van links: Zelda Delport (Sedgefield), Janine Nigrini, Anita Butler, Junita van Zyl en Ashley Butler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa