Knysna-Plett Herald

Leerlinge skiet skyf vir ’n vale

- Verskaf

Laerskool Knysna het in samewerkin­g met Eden-jagverenig­ing op Saterdag 10 November hulle jaarlikse skietkompe­tisie op die Charlesfor­d-plaas gehou. Dit was ‘n opwindende dag met verskeie deelnemers van alle ouderdomme.

Hierdie was ‘n goeie geleenthei­d vir die jongspan, asook ‘n paar volwassene­s om te leer oor wapenveili­gheid en hoe om te skiet, en dit alles onder die leiding van bekwame instrukteu­rs.

Ons bedank die vereniging, Charlesfor­d, al die baanbeampt­es en die borge wat hierdie spesiale dag vir ons moontlik gemaak het.

 ?? Foto’s: Verskaf ?? Carla Viljoen word touwys gemaak deur Danie Stander.
Foto’s: Verskaf Carla Viljoen word touwys gemaak deur Danie Stander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa