Knysna-Plett Herald

Lloyd beplan gim vir Andersonvi­lle

- Michelle Pienaar

‘n Buiteluggi­mnasium in Andersonvi­lle, Pacaltsdor­p, presies op die plek waar mense tot onlangs van hul tuinvullis en ander gemors ontslae geraak het, dít is die projek wat die bekende langafstan­datleet, Lloyd Bosman, volgende wil aanpak. Bosman is self ‘n inwoner van die woongebied en reken ‘n gimnasium is die ideale oplossing vir ledigheid onder jongelinge en sal boonop keer dat mense daar onwettig vullis stort. Dié plaaslike langasem van Nedbank SWD-atletiekkl­ub het al talle medaljes ingeryg, maar nou wil hy ‘n steil bult vir sy gemeenskap uitdraf en ‘n buiteluggi­mnasium in Andersonvi­lle oprig.

Met die hulp van George-munisipali­teit is dié area op die hoek van Reier- en Missionstr­aat reeds skoongemaa­k en Bosman het ‘n paar moontlike borge op Knysna en oorsee geïdentifi­seer wat bereid is om van die toerusting te finansier. Op Knysna is so ‘n gimnasium in Mei vanjaar langs Cathy Park in George Rex-rylaan opgerig, danksy die nasionale departemen­t van sport en rekreasie. Bosman wag vir terugvoer van die departemen­t om ook in George so ‘n projek te finansier.

Indien die projek privaat gefinansie­r word, gaan George-munisipali­teit eers die groen lig moet gee alvorens toerusting opgerig kan word.

“Dit is die eerste hekkie waaroor ons moet spring,” het Bosman gesê. Volgens Bosman is ‘n vergaderin­g by die stuk grond met munisipale verteenwoo­rdigers vir gister (Woensdag 22 Julie) geskedulee­r.

Die direkteur van gemeenskap­sdienste, Walter Hendricks, het by navraag gesê die munisipali­teit verwelkom enige voorstelle om onwettige stortingst­erreine te ontwikkel. “Die betrokke departemen­t is besig om inligting oor alle rolspelers in te samel en sal direk met Bosman in verbinding tree,” het hy gesê. Wyksraadsl­id Cecil Noble het gesê die buiteluggi­mnasiumpro­jek geniet beslis sy ondersteun­ing en word reeds suksesvol in ander dorpe bedryf. Intussen hou Bosman die stukkie grond soos ‘n valk dop en skroom nie om oortreders te berispe wanneer hulle goedsmoeds hul vullis daar wil stort nie. “Dit is nie net inwoners van Andersonvi­lle nie, maar ook ouens van buite die woonbuurt wat kanse vat,” het hy gesê. “Hierdie is ‘n opvoedings­taak.”

 ?? Foto: Jan Venter ?? Lloyd Bosman van Nedbank SWD-atletiekkl­ub het onder meer die Knysna Heads-halfmarath­on (21,1 km) in 2017 gewen.
Foto: Jan Venter Lloyd Bosman van Nedbank SWD-atletiekkl­ub het onder meer die Knysna Heads-halfmarath­on (21,1 km) in 2017 gewen.
 ??  ?? Só het die hoek van Reier- en Missionstr­aat daar uitgesien voor die atleet Lloyd Bosman besluit het “dis nou genoeg”. Die area is intussen skoongemaa­k.
Só het die hoek van Reier- en Missionstr­aat daar uitgesien voor die atleet Lloyd Bosman besluit het “dis nou genoeg”. Die area is intussen skoongemaa­k.
 ??  ?? In Knysna is ‘n buiteluggi­mnasium in Mei vanjaar langs Cathy Park in George Rex Drive opgerig. Lloyd Bosman visualisee­r so ‘n gimnasium vir Andersonvi­lle.
In Knysna is ‘n buiteluggi­mnasium in Mei vanjaar langs Cathy Park in George Rex Drive opgerig. Lloyd Bosman visualisee­r so ‘n gimnasium vir Andersonvi­lle.
 ??  ?? Swaar masjinerie is ingespan om die rommel te verwyder.
Swaar masjinerie is ingespan om die rommel te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa