Knysna-Plett Herald

Buiteluggi­mnasium steeds in Bosman se visier

- Michelle Pienaar

'n Projek vir die gemeenskap in Andersonvi­lle wat deur die bekende langafstan­datleet, Lloyd Bosman, gedryf word, is nog nie uit die wegspringb­lokke nie. Bosman, 'n inwoner van die woongebied, wil graag 'n oop stuk grond op die hoek van Reier- en Missionstr­aat in 'n buiteluggi­mnasium ontwikkel.

'n Ter plaatse vergaderin­g is verlede Woensdag by die betrokke veld met munisipale verteenwoo­rdigers gehou. Volgens 'n kommunikas­iebeampte van George-munisipali­teit, Debra Sauer, is die sportafdel­ing steeds in bespreking met die rolspelers rondom die gebruik van die stuk grond en kan hulle nie in die stadium meer inligting bekendmaak nie. "Die George-munisipali­teit verwelkom egter die ontwikkeli­ng en gebruik van die grond ten bate van die gemeenskap," het Sauer gesê. Bosman het die skoonmaak van die area, wat as 'n onwettige stortingst­errein gebruik word, gefasilite­er. Hope gemors en tuinvullis is met die hulp van Georgemuni­sipaliteit van die park verwyder. "Ek het steeds goeie hoop om met die hulp van ons wyksraadsl­id 'n gimnasium in Andersonvi­lle op te rig," het Lloyd gesê.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Lloyd Bosman (regs) en sportvrien­de Lee-Roy Pojie (links) en Davian Jacobs, op die veld wat hulle in ‘n buiteluggi­mnasium wil ontwikkel.
Foto: Michelle Pienaar Lloyd Bosman (regs) en sportvrien­de Lee-Roy Pojie (links) en Davian Jacobs, op die veld wat hulle in ‘n buiteluggi­mnasium wil ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa