Knysna-Plett Herald

Polisievoe­rtuig slaan om in nat Outeniquap­as

- Kristy Kolberg

Twee polisiebea­mptes is Sondag 26 Julie met ligte beserings gehospital­iseer ná hul dubbelkaju­itbakkie in die Outeniquap­as omgeslaan het. Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, ondersoek die polisie 'n saak van roekelose en/ of nalatige bestuur na aanleiding van die ongeluk wat omstreeks 08:30 Sondagogge­nd plaasgevin­d het.

"Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die bestuurder van die polisievoe­rtuig onderweg was na George toe hy in die Waboomskra­alomgewing beheer verloor het. Die voertuig het op die nat pad gegly, omgeslaan en teen ‘n boomstomp tot stilstand gekom," sê Pojie. Beide beamptes, onderskeid­elik van Conville en Thembaleth­u, is per ambulans na die hospitaal geneem waar hulle die nodige mediese behandelin­g vir rug- en nekbeserin­gs ontvang het. Hulle is sedertdien ontslaan.

 ??  ?? Die polisievoe­rtuig weer terug op sy wiele nadat dit in die pas omgeslaan het.
Die polisievoe­rtuig weer terug op sy wiele nadat dit in die pas omgeslaan het.
 ??  ?? Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voertuig op die nat pas gegly waarna hy omgeslaan het.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voertuig op die nat pas gegly waarna hy omgeslaan het.
 ??  ?? Jona Julies het Saterdagog­gend ‘n grypdief in die middedorp vasgetrek.
Jona Julies het Saterdagog­gend ‘n grypdief in die middedorp vasgetrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa