Knysna-Plett Herald

Jongman ’n held na hy grypdief vastrek

- Kristy Kolberg

'n Jongman van George wat Saterdagog­gend, 25 Julie, vir 'n ryles gegaan het, het 'n held geword nadat hy 'n grypdief in die middedorp vasgetrek het. Volgens die man, Jona Julies, was hy by sy instrukteu­r se kantoor toe hy iemand om hulp hoor skree: "Vang hom, vang hom!" Julies het toe die grypdief, wat blykbaar 'n vrou se handsak uit haar besit geruk het, agternages­it en kon daarin slaag om hom vas te trek.

"Ek het agterna gehardloop en toe ek by hom kom het ek hom platgeduik," vertel Julies. Volgens hom het die vrou en haar familie die verdagte daar gehou tot die polisie opgedaag het.

"Ons mense se veiligheid kom eerste en ons as wetstoepas­sers en ook die polisie, moet optree teen die misdaad in ons gemeenskap­pe."

'n Plasing op Facebook deur Sam Wagenaar, Julies se instrukteu­r, vertel hoe Julies sowat 50 m ver gehardloop het voor hy die grypdief platgetrek het.

"Ek salueer hom vir sy flink optrede," het Wagenaar gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa