Knysna-Plett Herald

Blanco se Beckie Meyer oorlede op 95

- Alida de Beer

Beckie Meyer, 'n bekende en geliefde inwoner van Blanco, is op Maandag

27 Julie in die ouderdom van 95 jaar oorlede. Gerrit Pretorius, haar skoonseun, het namens die familie gesê hulle onthou en vier haar lewe as 'n blymoedige, innemende en nederige mens.

"Ons neem met hartseer afskeid van ons liefdevoll­e ma, ouma en oumagrootj­ie. Sy was geheel en al onafhankli­k. Sy het alleen gewoon en nog motor bestuur. Sy het nie 'n verjaarsda­g vergeet nie. Sy was 'n ware mensch."

Meyer was steeds 'n getroue lid van die Blanco-Vroue-Landbouver­eniging waaraan sy vir dekades verbonde was en onder meer as voorsitter gedien het. Sy was ook 'n erelid van die George-blommeklub.

Ds. Francois Mulder, 'n leraar van die NG Blanco-gemeente, sê Meyer was tot en met die aanvang van grendeltyd nog elke Sondag op haar plek in die kerk. "Noudat sy tuisgekom het by haar hemelse tuiste, is ek na byna 14 jaar in Blanco-gemeente dankbaar dat ek een van die Here se gunsteling-dogters mag ken."

Hy en Meyer het voor die erediens op 'n Sondagogge­nd 'n ritueel gehad. Sy was altyd die heel eerste gemeenteli­d om haar sitplek in te neem en die rustige atmosfeer in te drink wanneer die sanggroep om 08:00 begin oefen. Hy het dan weggeglip en haar met 'n drukkie en 'n geestige geselsie gaan groet. "Nou verlang ek na my kosbare oggendgroe­t met Ouma Beckie. Haar glimlag, haar opreg geïnteress­eerde vrae, haar omgee, haar bemoedigin­g." Meyer laat haar kinders, Lomine en

Gerrit, Hanna en Ferdinand, kleinkinde­rs Nina en Peter, Albert en Inge, Pieterjan, Hellix, Debbi en Yentl, asook twee agterklein­kinders, Eli en Noa Rebecca agter.

Weens die inperking sal 'n privaat begrafnisd­iens gehou word.

 ??  ?? Oorlede Beckie Meyer op haar 95ste verjaarsda­g in Februarie vanjaar.
Oorlede Beckie Meyer op haar 95ste verjaarsda­g in Februarie vanjaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa