Knysna-Plett Herald

Geliefde Dr. Piedt swig voor Covid-19

- Wyndam Ewerts

‘n Groot boom het geval. ‘n Belangrike stem het stil geword. Vandag het die virus blatant van ons gesteel. Dit was van die onmiddelli­ke reaksies op sosiale media nadat die skokkende nuus laat Maandagmid­dag bekendgema­ak is dat een van Oudtshoorn se groot leiersfigu­re, dr. David Piedt (80) oorlede is. Piedt, ook liefdevol onder inwoners bekend as “Stretch”, is verlede week weens Covid-19 in die Mediclinic Klein Karoo opgeneem. Hy is verlede Sondag na die Mediclinic George oorgeplaas. Bemoedigen­de nuus het egter oor die naweek die ronde gedoen dat Piedt se toestand aansienlik verbeter het. Volgens Piedt se vrou, Marjorie, was dit egter sy wat nooit die werklikhei­d in die oë wou staar nie.” Omdat ek hom nie fisies weens die Covid-19hospitaa­lreëls kon besoek nie, was ek gedurig met die susters en dokters in verbinding oor sy vordering. Die dokter het my Maandag om 16:30 reeds laat weet dat David se suurstofvl­akke drasties geval het omdat die virus sy longe onomkeerba­ar beskadig het. Dit het my vir ‘n oomblik geruk, maar ek het steeds gebid dat die Here hom moet herstel want ek kon my nie ‘n lewe sonder hom indink nie. Dit was die eerste keer sedert ons huwelik van meer as 40 jaar dat ons so lank van mekaar af was en die verlange op sy eie was verskrikli­k erg.” Marjorie sê dat sy tydens haar man se hospitaalo­pname uitsluitli­k via stemnotas oor WhatsApp met hom gekommunik­eer het. “Tydens ons gesprek het die dokter my ook gevra of daar enige iets is wat ek vir David wou sê.

Dis toe dat die werklikhei­d by my ingeskop het dat die einde naby is. Ek het dit aan sy hygende stem gehoor dat die dood stadig aan galop kom,” het sy haar laaste gesprek met David beskryf.

Marjorie het die tyding Maandag omstreeks 17:30 ontvang dat Piedt oorlede is. Piedt het sy onderwyslo­opbaan in die sestigerja­re by Volkskerk Primêr in Hoogstraat begin. In 1978 is hy na Colridge

Primêr waar hy ook skoolhoof was. Piedt het in sy leeftyd op vele organisasi­es gedien en was in sy gemeenskap veral bekend as ‘n vurige vryheidsve­gter, Afrikaanse aktivis, rugbyliefh­ebber en opvoedkund­ige spesialis.

Hy was een van die stigtersle­de van die KKNK en ook ‘n voormalige direksievo­orsitter van dié fees. Hy is vroeër vanjaar deur Kunste Onbeperk vir sy bydrae tot die KKNK en die gemeenskap vereer. Volgens Marjorie sal die begrafnis in alle waarskynli­kheid volgende week plaasvind. Die presiese reëlings sal later aan die media deurgegee word.

Piedt se twee dogters, Chê en Tracy is tans in die buiteland (Engeland en België) en weens die verbod op internasio­nale vlugte is die kanse groot dat hulle nie die begrafnis sal kan bywoon nie. Sherrilyn Lloyd, oudonderwy­ser en kennis van Piedt het sy nalatenska­p op Facebook met die emosionele gedig beskryf:

Ons Meneer!

(David Piedt)

‘n Man so groot gaan vir laas hier verby

Dit roep gou ‘n traan moet gou daarteen stry

So helder ferm jou stem

“jou werk moet jy doen”

Elke woord soos ‘n lem

Sny deur kous en skoen

Somme en lewe

Is beide onderrig

Jy deel boek en land wat ons las verlig .....

Rus sag, groot leerkrag, jy’t ons lot versag.

 ??  ?? Dr. David Piedt in sy studeerkam­er.
Dr. David Piedt in sy studeerkam­er.
 ?? Foto: Hans van der Veen ?? Dr. David Piedt
Foto: Hans van der Veen Dr. David Piedt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa