Knysna-Plett Herald

Oopstel van lughawe maak reeds impak

- Eugene Gunning

Verteenwoo­rdigers van die sakegemeen­skap het dit verwelkom dat die George-lughawe weer oop is. Eienaars van plaaslike ondernemin­gs het aangedui dat hulle reeds direkte voordeel daaruit trek. Die eerste kommersiël­e vlug in maande het verlede Vrydag, 24 Julie, weer geland.

Hein Pretorius, medevennoo­t van Warthog Blade Sharpeners, het gesê dit help beslis dat die lughawe weer oop is. Die maatskappy maak baie gebruik van lugvrag. "Baie van ons komponente word op 'n daaglikse basis van laboratori­ums en vervaardig­ers in Johannesbu­rg per lugvervoer hierheen gebring."

Die maatskappy voer ook uit en dit sluit lande soos Amerika, Kanada, Engeland, Duitsland, Frankryk, Italië, Rusland en Australië in. Volgens Gavin Linsley-Noakes, mede-eienaar van PHC Berries, is dit effens makliker noudat die lughawe weer oop is. "Ons kan kliënte in ander dele van die land gaan besoek."

Vlugte is egter nog beperk en as hulle van lugvrag gebruik wil maak moet hulle dit deur Oliver Thambo in Gauteng doen. Dit beteken twee dae ekstra vervoer. Die vrag moet eers per pad geneem word wat 'n dag en half neem, en dan is dit nog 'n dag

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa