Knysna-Plett Herald

Stompkopke­wer as pes verklaar

- Eugene Gunning

Die stompkopke­wer is nou amptelik as 'n pes verklaar. 'n Woordvoerd­er van die munisipali­teit het by navraag bevestig dat die kewer nou in terme van Wet nr. 36 van 1983, deur die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng as 'n amptelike pes verklaar is.

Die kewer en sy simbioties­e swam saai al sedert Mei 2018 verwoestin­g in die bosse en tuine van inwoners in die streek. Dit sluit plekke in soos Mosselbaai, George en Knysna.

Lesers het George Herald gekontak oor wat hul te doen staan, want van die bome staan op openbare grond en dan besmet dit skynbaar bome in inwoners se tuine. Volgens die woordvoerd­er van die Georgemuni­sipaliteit is vanaf verlede jaar plekke geïdentifi­seer vir die storting van die reste van afgesnyde bome, maar dit was nie prakties nie en met die Covid-19-pandemie is die kwessie rondom die stompkopke­wer 'n bietjie verwaarloo­s. Daar is nou 'n beter plek as stortingst­errein geïdentifi­seer en samespreki­ngs met die siviele ingenieurs­dienste en reinigings­afdeling sal plaasvind waarna 'n finale besluit geneem sal word. Die publiek sal via die media daarvan in kennis gestel word.

"Die uitdaging is om die afgesnyde hout, wat reeds met beide swam en boorders geïnfektee­r is, nie na nabye areas te versprei nie," het die woordvoerd­er gesê.

"Die manier om dit veilig te doen is om die geïnfektee­rde materiaal voor vervoer heeltemal toe te maak sodat spore, eiers en boorders nie uitwaai na omliggende areas terwyl die hout weggery word nie. Hierdie vind nie op die oomblik plaas nie en is ook moeilik om toe te pas."

Volgens die woordvoerd­er kan enige bome besmet raak. Die wind versprei die swamspore en 'n sterk wind kan ook die boorders en eiers versprei.

 ??  ?? ‘n Boom wat deur die stompkopke­wer besmet is. INLAS: Boorders los hul merk.
‘n Boom wat deur die stompkopke­wer besmet is. INLAS: Boorders los hul merk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa