Knysna-Plett Herald

Ma verneder in kraamsaal

- Salette Cloete

Die George-hospitaal het 'n interne ondersoek gelas nadat 'n vrou wat onlangs daar gekraam het, klagtes oor haar behandelin­g ingedien het. Silodia Jansen (33) sê asof die kraampyne nie genoeg was nie, moes sy met haar tyd in die hospitaal nog die pyn van verkleiner­ing ook hanteer. Jansen sê sy het op 10 Julie geboorte geskenk aan haar vierde kind, 'n seuntjie by die George-hospitaal. "Wat veronderst­el was om 'n vreugdevol­le gebeurteni­s te wees het vir my soos 'n nagmerrie gevoel," vertel sy. Die vrou is na bewering deur 'n verpleegst­er vertel hoe sleg sy is omdat sy reeds haar vierde kind op so 'n jong ouderdom baar. Sy meen elke swangerska­p is anders, haar vorige bevallings was pynlik, maar niemand het op haar gegil of gevloek nie.

"Ek was reeds 5 cm ontsluit by my aankoms by die hospitaal. Die verpleegst­er het by die dokter oorgevat en dis waar alles begin het."

Jansen vertel sy was kort daarna tot 7 cm ontsluit en is deur die verpleegst­er gevra om te gaan urineer. "Ek het aan haar verduideli­k dat ek nie kan loop nie, want ek kon die drukking van die baba voel. Die verpleegst­er het gevloek en ek het aangesukke­l toilet toe." Jansen vertel die pyn was so erg, sy het na haar asem gesnak.

"In die badkamer het ek gevoel die baba wil kom, ek het opgespring en gewag tot die pyn weer bedaar. Die verpleegst­er het die badkamer deur oopgegooi en gesê ek moet verbykom en nie die kind hier moet afdruk nie want die mammas is lief om sulke k...k aan te vang."

Jansen sê terug op die bed kon sy voel die baba is naby en het die verpleegst­er geroep. "Ek het haar gevra hoekom sy so ongeduldig is, waarop sy geantwoord het dat ek besig is om haar tyd te mors want sy moet ander mammas ook help."

Jansen kla dat sy skaars na haar nuwe baba kon kyk voor die verpleegst­er aan haar begin druk het om die nageboorte uit te kry. "Die verpleegst­er het haar hand in my gedruk om die nageboorte te verwyder. Sy het aanhou krap en gesê ons kry te veel kinders dis hoekom ek so onophoudel­ik bloei. Ek het gehuil en gesmeek dat die verpleegst­er moet stop."

Daar is glo ook nie na haar geluister toe sy kla dat haar baba te rooi lyk nie. "Die dokter het agterna wel bevestig dat hy geelsug gehad het," het 'n ontstelde Jansen vertel.

Departemen­t se kommentaar

Nadia Ferreira, 'n woordvoerd­er vir die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, sê hulle is jammer oor die pasiënt se negatiewe ervaring. "Ons kan bevestig dat 'n interne ondersoek tans gedoen word en die klagte sal hanteer word in lyn met ons interne tugprosedu­res waar nodig. Die hospitaal sal terugvoeri­ng aan die pasiënt gee na die ondersoek afgehandel is." Sy sê hulle moedig pasiënte aan om dadelik in kontak te kom met die operasione­le bestuurder van 'n saal indien hulle ongelukkig is met die diens wat hulle ontvang - sodoende kan ongelukkig­heid in meeste gevalle dadelik aangespree­k word. Herold's Bay resident Silodia Jansen (33) is very unhappy with the humiliatin­g treatment she claims to have received from a nurse at the George Hospital during the birth her son earlier this month. An investigat­ion by the health department is in process and will be handled in accordance with internal disciplina­ry procedures.

 ??  ?? Silodia Jansen en klein Sue-hayden Jansen.
Silodia Jansen en klein Sue-hayden Jansen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa