Knysna-Plett Herald

Geen Covid-19-uitslae vir 3 weke

- Salette Cloete

Drie weke van stres en wonder oor haar dogter se Covid-19-uitslae het Augustine Kukkuk byna tot raserny gedryf. Kukkuk vertel haar 13-jarige dogter het 'n kopseer, seer keel en hoes gehad, wat simptome van Covid-19 is. Sy het 'n afspraak by George-hospitaal gemaak en op 2 Julie was hulle daar om haar te laat toets. Volgens haar het alles tot hier mooi verloop, selfs haar kontakbeso­nderhede is opdateer.

Hulle is toe huis toe om te wag vir die uitslae, wat volgens die dokter teen 15 Julie beskikbaar sou wees. Sy het bekommerd geraak toe hulle nie 'n SMS of oproep kry nie, en het die hospitaal gebel.

Sy wou weet of die uitslae al beskikbaar is, maar die hospitaal het gesê hulle maak nie uitslae bekend nie. "Ek vra toe hulle moet my kontaknomm­er nagaan om seker te maak dis korrek. Hulle het gesê hulle kan dit nie doen nie. Dit was of hulle nie wou nie of nie belangstel nie," vertel Kukkuk.

Die hospitaal het aan haar gesê dat sy 'n harde kopie van haar uitslae by haar kliniek kan kry. Die kliniek was egter toe weens 'n Covid-19 geval.

Volgens Kukkuk het sy die dag van die toets haar en haar man se selnommers gegee, asook hul nuwe adres. "Ek het op my dogter se hospitaall­êer gesien die adres is verkeerd."

Sy vertel hulle moes toe noodgedwon­ge die kind vir 14 dae by die huis hou, net om veilig te speel. "Sy het so baie skooltoets­e gemis."

Kommentaar van gesondheid­sdeparteme­nt

Nadia Ferreira, 'n woordvoerd­er van die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, sê dit blyk dat die verkeerde kontakbeso­nderhede op die stelsel gelaai is. Sy sê dit is dus die rede hoekom die pasiënt nie die uitslae gekry het nie. Ferreira het wel bevestig dat die uitslae Maandag aan die ma gestuur is. Sy het ook bevestig dat die kontaknomm­er met een syfer verskil het van dit wat op hul stelsel was. Sy sê mense moet kennis neem dat toetsuitsl­ae nie bekend gemaak word deur die fasiliteit waar jy getoets is nie. Slegs die National Health Laboratory Service (NHLS) kan 'n SMS stuur met hul toetsresul­taat (positief of negatief). Dit neem gewoonlik drie tot vyf dae om jou uitslae te ontvang. Sy sê hulle vra dat mense nie die fasiliteit besoek vir resultate nie.

"Indien jy positief is mag jy dalk ander aansteek indien jy na 'n fasiliteit gaan. NHLS sal uitslae kommunikee­r. Fasiliteit­e verskaf ook nie gedrukte afskrifte van uitslae nie." Die persoon kan wel na

14 dae in isolasie (nou 10 dae volgens nuwe regulasies) terugkeer werk/skool toe al was hulle positief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa