Knysna-Plett Herald

Tuinroete of Gemorsroet­e?

-

B Erasmus, Groot-Brakrivier:

Ons sê ons bly in Eden en aan die Tuinroete. Stel u nou in ‘n Europese toeris se skoene. U sit in ‘n toerbus en is op pad deur Eden met die Tuinroete - wat sien u?

Ons begin by Mosselbaai. Langs die N2 begroet die mees vieslikste en uiters onhigiënie­se vark- en beeshokke skaamteloo­s die toeriste. Die stank is bykans ondraaglik.

Ry ons verder by Powertown verby waar alles redelik aan die kant is, behalwe vir die ou groot gebou wat daar staan en al lankal gesloop moes gewees het. Die tuinroete verder is heel aanneemlik en mooi met die huise aan die een kant en pragtige landerye en berge aan die ander kant. Die dorpie Groot-Brakrivier is heel skoon en netjies. Na Groot-Brakrivier is alles mooi en netjies, behalwe vir ‘n plastiekbo­ttel of plastieksa­k wat plek-plek by ‘n motorvenst­er uitgegooi is. So hier en daar ry mens ook by ‘n baie onnet plaasopsta­l verby.

Nou deur George. Onthou nou ons Europese toeris kom uit ‘n omgewing waar daar nie eers ‘n stompie in die strate te bespeur is nie en langs hulle nasionale paaie is alles silwerskoo­n en netjies.

Die N2 loop nou deur George en wat ‘n gemors. Die draadheini­ng is verwoes en dis net hope gemors al langs die pad en langs die huise. Dit is tonne plastiekbo­ttels, plastieksa­kke, hope papier en blikke. Ja noem dit gemors en dit lê daar ten aanskoue van elke toeris.

Ons sê ons bly in Eden aan die tuinroete. Ons het in een van die mooiste streke van ons land gebly, maar ons het dit verwoes, bevuil en bemors. Ons is hoegenaamd nie teenoor ons Skepper eers jammer dat ons Sy tuin, Eden, so bemors en verwoes nie. Van ‘n skande en skaamte teenoor ons Skepper en toeriste is daar nie sprake nie en ook geen verantwoor­delikheid nie. Sies!!!

Wil die George-gemeenskap nie ‘n projek oorweeg om die graswalle langs die N2 deur hulle dorp met aalwyne te beplant nie? Ek wil ‘n beroep op die Wes-Kaapse regering doen om die area te herdoop na Vullishoop op die Gemorsroet­e.

 ??  ?? Kinders speel langs die draadheini­ng langs die N2-snelweg in George.
Kinders speel langs die draadheini­ng langs die N2-snelweg in George.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa