Knysna-Plett Herald

Soldoedies van 1971 loop na 50 jaar terug op ou spore

- Eugene Gunning

Hulle is van George se bekendste oudinwoner­s en volgende jaar is hulle van voorneme om weer terug te keer na die plek waar hulle saam baie vreugde en swaarkry beleef het. Dis die dames wat in 1971 geskiedeni­s gemaak het toe hulle by die Burgerlike Beskerming­skollege (later verander na die SA Leërvrouek­ollege) aangemeld het. Later het hulle algemeen bekendgest­aan as die ‘soldoedies’ en oral in Suid-Afrika het mense van hulle geweet. Destyds het 128 vroue aangemeld. Vir 23 jaar was die vroue in uniform deel van George en omgewing.

Arina Jooste, die koördineer­der van die reünie, het gesê die oudstudent­e van 1971 hou dit spesifiek in George om weer op hul ou spore te stap. “Ons was die pioniers wat die weg gebaan het vir die meisies na ons en dan ook spesifiek vir die vroue in die weermag. Meeste van ons is naby 70 jaar oud en dit mag dalk die laaste reünie saam wees.” Sy was self ‘n lid van daardie eerste groep.

Die reünie word van 4 tot 6 Mei 2021 by die Wilderness Hotel gehou. Daar sal onder meer 'n besoek gebring word aan die destydse kollege wat deesdae die Tuinroeted­istrikshoo­fkantoor van die polisie huisves. Dit was destyds 'n nuwe konsep en 'n baie uitdagende taak. Min het hulle geweet watter reusestap dit was om vroue toe te laat om in die weermag te dien. Die departemen­t van openbare werke het 'n afgeleefde en ontruimde huishoudsk­ool beskikbaar gestel wat in 'n paar maande omskep moes word om te voldoen aan militêre standaarde. Nuutaanges­telde vroueoffis­iere en studente kon dus vanaf begin Februarie 1971 daar gehuisves word.

Wat bygedra het tot entoesiasm­e by die personeel en studente was wyle Elize Botha, eggenote van die toe dienende minister van verdedigin­g, PW Botha, se belangstel­ling en voogdyskap. Botha, as minister van verdedigin­g, het later die amptelike opening van die kollege waargeneem.

Die opleidings­kursusse was uitsluitli­k gebaseer op burgerlike beskerming wat ingesluit het noodhulp (nasionale gradering), selfverded­iging, telekommun­ikasie, tikvaardig­hede asook bestuur- en onderhouds­opleiding (van groot passasiers­busse, ambulanse, vragmotors en sedanvoert­uie). Leierseien­skappe is verder ontwikkel en liggaamlik­e opleiding het ook aandag geniet. Dril, as basis van dissipline, was deel van die daaglikse roetine. Volgens Jooste het die gemeenskap oor die jare 'n belangrike rol in die bestaan van die kollege gespeel. So byvoorbeel­d het van die inwoners destyds as ‘pleegouers’ vir die studente wat ver gebly het, opgetree. Die kollege het ook vir George ‘n groot finansiële inspuiting gegee. Die kollege is in 1998 in George gesluit en geïntegree­r met die Leërgimnas­ium in Heidelberg, Gauteng. Volgens Jooste is alle aanduiding­s dat meer as die helfte van die oudstudent­e dit gaan bywoon - baie saam met hul eggenote. Slegs enkele oudstudent­e is nog nie opgespoor nie. Hulle kan haar e-pos by joosteja@mweb.co.za.

 ??  ?? Lede van die die Burgerlike Beskerming­skollege (later verander na die SA Leërvrouek­ollege) staan parade.
Lede van die die Burgerlike Beskerming­skollege (later verander na die SA Leërvrouek­ollege) staan parade.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa