Knysna-Plett Herald

Toeroperat­eur sterf onder bus

- Michelle Pienaar

Die eienaar van Pony Express, Trevor Henning (69), het verlede Donderdag, 30 Julie, in sy agterplaas in Derdestraa­t gesterf toe 'n 28-sitplek toerbus, waaraan hy herstelwer­k gedoen het, op hom geval het. Henning het vir die afgelope 22 jaar georganise­erde bustoere in die Tuinroete bedryf en is wyd bekend vir sy liefde vir die bedryf en kennis van die omgewing. Volgens sy dogter, Adele Nolte, wat op dieselfde perseel as haar ouers woon, was haar pa dié middag besig met herstelwer­k aan een van sy groot toerbusse toe die ongeluk plaasgevin­d het.

"Ek was in my woonstel besig om te werk, en my pa het aan 'n bus langs my woonstel gewerk," het Adele gesê. "Sy honde was hier saam met myne, besig om te speel. Hulle het so tussen ons rondbeweeg. Ek het my pa omstreeks 12:00 nog hoor werk. Op 'n stadium was sy honde die heeltyd by my en ek het gewonder hoekom, maar ek het aanvaar hy het iets anders gaan doen," het sy gesê.

Teen 16:15 het Adele se ma, Elsa Henning, van die werk teruggekee­r en wou sy weet waar haar man is. "Ek het gedink hy het dalk besluit om na Checkers te stap," het Adele gesê. "Ons het my pa oral gesoek, en hom toe onder die bus gevind."

Trevor het onder die bus gelê toe een van die domkragte (jacks) meegegee en die bus op hom geval het.

Volgens Adele is haar ma nog in skok na die voorval en voel alles baie onwerklik. Trevor sou in Desember sy 70ste verjaarsda­g gevier het.

Nege lewens

Sowat nege jaar gelede was Trevor in 'n groot ongeluk met 'n Quantum-bussie in die Tradouspas by Barrydale. Die bussie het op 'n onverklaar­bare wyse aan die brand geslaan en Trevor het erge brandwonde oor sy hele bolyf, kop en arms opgedoen. Volgens Adele het hy self uit die brandende voertuig geklim en in die proses sowat

50 m teen 'n krans afgeval. "'n Polisiebea­mpte wat verbygery het, het gesien die berg brand en ondersoek ingestel. Hy het op die toneel gestop toe my pa oor die versperrin­g geval het en by die krans af is. Reddingswe­rkers het omtrent vier ure gesukkel om hom daar uit te kry," het Adele gesê.

Trevor was vir twee maande in 'n geïnduseer­de koma in die Mediclinic George, waarna hy vir bykans 'n jaar behandelin­g moes ontvang. "Hy het dit oorleef, en nou gebeur so iets," het Adele gesê. "Ons het altyd grappender­wys gesê my pa het al drie katte se nege lewens opgebruik."

Passie vir mense

Trevor en sy gesin het in 1989 na George verhuis. Hy het destyds die Wimpy in Pacaltsdor­p gekoop en met die toerbusmaa­tskappy begin. "Dit was sy passie om mense op toere te neem en langtermyn vriendskap­sbande te bou. Hy het soveel mense geken, hy wou homself altyd omring met mense. Ons was so bang hy word siek van Covid-19, toe gebeur dít met hom," het sy gesê. Na Trevor se ongeluk agt jaar gelede het hy op sy geloof staatgemaa­k om die trauma te verwerk.

Volgens Adele was haar pa nou betrokke by die AGS Sorteria-gemeente en het graag meegedoen aan projekte vir die gemeenskap. Dié gemeente help tans die Henning-gesin deur hierdie moeilike tyd.

Trevor word oorleef deur sy vrou, Elsa Henning, sy dogters Adele Henning, Wanda Henning en Vicky Botha. Hy was ook die oupa van drie kleinkinde­rs.

Trevor se gedenkdien­s sal gebeeldsen­d word en vriende en familie sal dit regstreeks kan volg. Die diens vind vanoggend om 11:00 plaas.

A 53-year-old former magistrate of Thembaleth­u Court is expected to appear in the George Regional Court on 14 September on charges of fraud. According to Hawks spokespers­on Lt-Col Philani Nkwalase, it is alleged that the magistrate daily reported for duty from April to December 2013, but then earned an extra income by illegally performing other judicial duties at the George Municipali­ty valuation court.

Plettenber­g Bay authoritie­s have warned residents to be cautious when using ATMs, following reports of locals having been duped out of money recently.

One of the most recent reports involved a man withdrawin­g money at a Plettenber­g Bay ATM. Another man approached him and informed him that there was a problem with the machine and that he needed to insert his card at an angle. It appears that in the process the stranger switched his card without the ATM user noticing. The stranger walked off but had an accomplice who then watched as the man entered his PIN. When he selected the withdraw option, a message popped up on the ATM informing him that the card had expired. The stranger subsequent­ly withdrew more than R3 000 at another ATM. Plettenber­g Bay police spokespers­on Captain Marlene Pieterse warned ATM users to never allow a stranger to assist them. Police also warn against using an ATM late at night or withdrawin­g from isolated machines. They urge account holders not to use an ATM when alone. Other tips include making sure no one is looking over your shoulder when you enter your card PIN, to cancel your card if the machine retains it by calling the card-stop number and not to move away from the machine before this has been done.

 ??  ?? Die Henning-gesin in gelukkiger dae.
Die Henning-gesin in gelukkiger dae.
 ??  ?? ‘n Onlangse foto van Trevor Henning.
‘n Onlangse foto van Trevor Henning.
 ??  ?? Police urge Plettenber­g Bay residents to be vigilant when withdrawin­g money at ATMs.
Police urge Plettenber­g Bay residents to be vigilant when withdrawin­g money at ATMs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa