Knysna-Plett Herald

Susterkoer­ante span kragte saam

-

Toe Bob Dylan sy trefferlie­djie, The Times they are a-Changin' in 1964 vrygestel het, sou hy, hoe profeties die titel ookal was, nooit kon raai dat 'n virus die wêreld in 2020 só sou verander nie. Covid-19 het, soos in ander sektore van die ekonomie, ook die media 'n gevoelige knou toegedien.

Hier te plaatse het gemeenskap­koerante in die Group Editors-stal nie ongedeerd daarvan afgekom nie, hoewel die gety aan die draai blyk te wees.

Lesers van die Knysna-Plett Herald en George Herald sou opgelet het dat daar vir etlike uitgawes, sedert die nasionale ramptoesta­nd in Maart aangekondi­g is, 'n streekkoer­ant verskyn het. Hierdie uitgawes was 'n gesamentli­ke poging deur die George Herald, Knysna Plett Herald,

Mossel Bay Advertiser, Suid-Kaap Forum, Oudtshoorn Courant en Graaff-Reinet Advertiser.

Aanpassing­s

Soos die ekonomie stadig heropen het in vlak 3 van die nasionale inperking, was 'n groot ligpunt dat die koerante weer stelselmat­ig hulle eie identiteit kon begin terugkry.

Dit beteken egter dat dit steeds noodsaakli­k vir twee-twee titels is om hul kragte saam te span, soos in die geval van Knysna-Plett Herald en George Herald. Hoewel die koerant 'n prioriteit bly, kan nuus ook aanlyn gevolg word. Webtuistes is ook die ideale plek waar foto's en video's gedeel kan word, om nie net landswyd nie, maar ook wêreldwyd te kan geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa