Knysna-Plett Herald

Swak diens en oorvol mobiele toilette te erg vir Syferfonte­iners

- Salette Cloete

Die gemeenskap van Syferfonte­in sê hulle sal liewer 'n vorige diensversk­affer van mobiele toilette wil terughê as om nog 'n dag te sukkel met Moreki Distributo­rs se swak diens.

Daar is aan George Herald gesê dat hul mobiele toilette nou net een keer in plaas van twee keer gediens word en dat daar elke week verby dié ry toilette gery word. Dit is een groot gemors.

James Smith, 'n gemeenskap­sleier, sê daar is voorheen 'n langer pyp gebruik om by die toilette uit te kom. Hy meen toe was daar nie klagtes nie. Smith sê ook dat mense graag 'n toilet van hul eie wil hê, veral gedurende dié tyd. Hy noem ook dat daar mense is wat heel agter in die informele nedersetti­ng woon en ver moet stap om by 'n toilet uit te kom. "So jy kan nie mense blameer as hulle toilette geskuif het tot in hul erwe of net nader nie."

Smith sê Moreki het blykbaar voorheen vroue van Syferfonte­in aangestel om die toilette skoon te maak, maar hy weet nie of daardie reëling steeds geld nie.

George-munisipali­teit

Moreki Distributo­rs het George Herald na die munisipali­teit verwys vir kommentaar aangesien hulle as diensversk­affer nie met die media mag praat nie.

Charles Lubbe, direkteur van menslike nedersetti­ngs, George-munisipali­teit, het gesê 'n inwoner van Syferfonte­in het Maandag met hul menslike nedersetti­ngs direktoraa­t kontak gemaak oor die spesifieke probleem. "Die inwoner het ons amptenaar meegedeel dat daar 'n ry huise is wat elke keer oorgesien word wanneer die ander chemiese toilette gediens word. Die amptenaar het onmiddelli­k met die verskaffer kontak gemaak om dit onder sy aandag te bring en mee te deel dat die praktyk onaanvaarb­aar is en dat dit onmiddelli­k aangespree­k moet word."

Lubbe sê Maandag was die eerste keer dat enige probleme rakende die diens van toilette in Syferfonte­in onder hul aandag gebring is. Hulle het ook met die diensversk­affer, Moreki Distributo­rs, kontak gemaak. "Volgens die verskaffer het hulle 'n probleem met die spesifieke ry toilette aangesien die pad nou is en hul voertuie nie behoorlike toegang tot die toilette het nie. Hulle moet blykbaar voertuie omruil en 'n kleiner voertuig wat gewoonlik op 'n ander gebied werksaam is, na Syferfonte­in teruggeroe­p om die gedeelte te diens." Hy sê die verskaffer is egter gewaarsku om die nodige dienste in plek te kry, want dit is 'n tendervere­iste.

Lubbe sê hul amptenare sal daadwerkli­ke pogings aanwend om na die toeganklik­heid van die pad te kyk.

 ??  ?? Die mobiele toilet is een van ‘n paar wat oorvol is en die gemeenskap is nou keelvol vir die swak diens.
Die mobiele toilet is een van ‘n paar wat oorvol is en die gemeenskap is nou keelvol vir die swak diens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa