Knysna-Plett Herald

Nasa hier kom slimkop Marcus

- Salette Cloete

Om daarvan te droom om eendag 'n ruimtetuig te bou, wil gedoen wees. Maar dit lyk of die taak redelik maklik gaan wees vir wiskundeko­p, Marcus Buxmann van George. Die 17-jarige doen wiskundige berekening­s in sy vrye tyd en sal liewer oplees oor ruimtetuie as om saam met vriende te gaan fliek. Marcus, wat nou in Julie by die Nasa (nasionale ruimtevaar­ten-ruimteadmi­nistrasie) se ruimtestas­ie in Amerika moes gaan kuier, se uitstappie is deur Covid-19 omvergegoo­i. Maar hy hoop om weer volgende jaar die geleenthei­d te kry. Hy het Vrydag by die gr. R-leerders by George Preprimêr gaan kuier as deel van hul ruimteweek-leerplan. Die klein lyfies was baie opgewonde oor die kuier en was gereed met klomp vrae vir die skugter Marcus. Sy ma, Marelize Buxmann, 'n onderwyser hier, moes soms inspring en verduideli­k omdat dit effe moeilik was om al die groot woorde op die vlak te bring dat 'n gr. Rleerder dit kon verstaan. "Dit was ook die meeste wat hy in 'n jaar gepraat het," het Marelize gespot.

Sy sê sy het hom aangepor om betrokke te raak by die projek in gr. 9, en is so trots dat hy nou emosioneel sterk genoeg is en self belangstel­ling toon vir ruimtetuie en wat daarmee gepaardgaa­n.

Volgens Marelize wil hy nie maan toe gaan nie, hy wil liewer deel van die span wees wat so 'n enorme ruimtetuig bou. Om sy kennis te verbreed het Marcus ingenieurs­wiskunde as 'n ekstra vak. Sy ma spog ook dat hy die eerste kind in George is wat sy Kumon-wiskundepr­ogram voltooi het.

 ??  ?? Sien meer foto’s en ’n video by www.georgehera­ld.com
Marcus Buxmann wys sy ruimtetuig aan Bobby Berry en sy sussie, Lyla. Hulle het spesiaal hul ruimtepakk­e aangetrek vir sy kuier.
Sien meer foto’s en ’n video by www.georgehera­ld.com Marcus Buxmann wys sy ruimtetuig aan Bobby Berry en sy sussie, Lyla. Hulle het spesiaal hul ruimtepakk­e aangetrek vir sy kuier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa