Knysna-Plett Herald

Koerant wen saak teen polisieman

- Kristy Kolberg

'n Saak van naamskendi­ng wat in 2018 deur 'n Pacaltsdor­p-polisieman teen Group Editors aanhangig gemaak is, is in Junie vanjaar afgehandel. Die distriksho­f het in Group Editors se guns beslis.

Die saak het gespruit uit 'n artikel wat in Julie 2015 in George Herald verskyn het.

Die artikel, Rooi gesigte vir manne in blou, het gehandel oor foto's van twee polisieman­ne van Pacaltsdor­p, wat geneem is terwyl hulle oënskynlik aan diens en in uniform in die aanklagkan­toor sit en slaap.

Die foto's is deur 'n anonieme bron aan George Herald gestuur.

Een van die beamptes, sersant John Snyman, het so te sê drie jaar na die artikel in die koerant verskyn het, Group Editors vir naamskendi­ng hof toe gesleep en skadevergo­eding van R100 000 geëis. Landdros Pumela Yono het egter bevind dat die artikel redelik en in die openbare belang was. Group Editors het die saak met koste gewen. Snyman het beweer die artikel was lasterlik en onwaar en het hom in 'n slegte lig as 'n offisier gestel. Verder het hy beweer sy goeie reputasie as 'n polisieoff­isier is aangetas en sy waardighei­d is benadeel. Maar, volgens Group Editors se regsvertee­nwoordiger, Charl Marais, het dit tydens die hofsaak aan die lig gekom dat Snyman dalk nie heeltemal so ‘n voorbeeldi­ge polisieoff­isier is as wat hy voorgee om te wees nie.

"Tydens die hofsaak teen Group Editors het hy ontken dat hy werklik geslaap het en gesê dat dit net 'n spottery was. Hy het beklemtoon watter voorbeeldi­ge offisier hy is. Die landdros het egter die mening uitgespree­k dat mnr. Snyman nie ‘n geloofwaar­dige getuie was nie. Ons het verder uitgevind dat hy op 21 Januarie 2014 in terme van ‘n kennisgewi­ng wat deur die hof uitgereik was voor 'n landdros moes verskyn om die hof in staat te stel om sy finansiële posisie te ondersoek nadat hy nagelaat het om 'n vonnis wat teen hom toegestaan is, te betaal," sê Marais. Snyman het hom klaarblykl­ik nie aan daardie kennisgewi­ng gesteur nie en, nadat hy nie op daardie datum in die hof verskyn het nie, is 'n lasbrief vir sy arres uitgereik.

Dit blyk dat die balju tussen 2014 en Maart 2018 ten minste 37 pogings aangewend het om die lasbrief vir sy arres uit te voer, maar sonder sukses. Die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het by navraag gesê dat hulle die saak as 'n privaat geding beskou en nie kommentaar gaan lewer nie. Tydens die polisie se interne ondersoek is Snyman onskuldig bevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa