Knysna-Plett Herald

Covid-19 tot dusver ‘hanteerbaa­r’

- Alida de Beer

Covid-19-sterftes in die Tuinroete neem toe, maar plaaslike begrafniso­ndernemers met wie George Herald gepraat het, sê die aantal begrafniss­e is hanteerbaa­r.

Die toename in sterftes wat hulle tans ondervind, skryf van die ondernemer­s toe aan 'n normale wintertyd-tendens wanneer mense wie se immuniteit laag is, sterf weens siektetoes­tande soos brongitis.

Irene Vermeulen van Olivier & Vermeulenb­egrafnison­dernemers, sê hulle was stil vanaf Maart toe die inperking begin het, maar in die laaste twee weke het gevalle begin optel. Hulle het agt Covid-19-liggame hanteer by hul tak op Oudtshoorn, 10 by Perks (hul tak op Knysna) en agt in George.

Die George-krematoriu­m ondervind 'n groot toename in verassings, maar dit is hanteerbaa­r. "Die lykshuise in die omgewing se kapasiteit kan alles tot dusver hanteer. Die krematoriu­m het toestemmin­g om 24 uur te werk met twee skofte personeel indien gevalle so erg sou toeneem, maar tot nou toe het ons soms tot 20:00 en 21:00 gewerk, maar nog nie later nie."

Sy sê daar was in totaal 44 Covid-19verassin­gs oor die laaste vier maande. "As mens 2018/2019 en 2019/2020 vergelyk, was daar 'n toename van 210 oorledenes by ons drie kantore. Die verassings­totale het toegeneem met 214."

"Mense beweeg weg van begrafniss­e na verassings. Ons voer gemiddeld 28 begrafniss­e per maand uit per kantoor, maar die verassings­yfer het meer geword en staan tans op gemiddeld 83 tussen al die kantore." Johan Compion, bestuurder van munisipale gesondheid en omgewingsd­ienste by die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it, sê al die sterftes in die Tuinroete word nie noodwendig binne die gebied begrawe nie terwyl sterftes van buite die gebied weer hier begrawe word. Omgewingsg­esondheids­beamptes van die munisipali­teit monitor al die Covid-19begrafni­sse, het hy gesê.

'Taak bemoeilik'

Covid-19 bied spesiale uitdagings aan begrafniso­ndernemers, volgens Unity Aldalgamon­y, eienaar van Pacaltsdor­pbegrafnis­dienste. Hulle moet spesiale voorsorg tref en regulasies vereis dat 'n besmette liggaam binne drie dae begrawe word. Dit terwyl van die staatsdepa­rtemente, klinieke en dokters by wie hulle dokumentas­ie moet verkry, se diens traag is weens die inperking wat gelei het tot verminderd­e personeel en / of verminderd­e besigheids­ure. Begrafniso­ndernemers het die ongelukkig­e ‘agent’ geword wat druk op families moet uitoefen om hulle polisuitbe­talings betyds vir die begrafnis te reël.

"Waar uitbetalin­g nie realiseer nie, begrawe ons die persoon op skuld en hoop om die geld later by die familie te kry. Ons loop dus 'n finansiële risiko deur by die regulasies te hou," sê Aldalgamon­y.

Volgens Vermeulen bemoeilik "wisselvall­ige en onduidelik­e" riglyne hulle taak. "Dit maak ons só deurmekaar. Nie een van die kantore op Oudtshoorn, George of Knysna se riglyne stem ooreen nie. Daar is ook dubbele standaarde in opdragte, soos dat 'n Covid-liggaam nou besigtig mag word en dan moet ons die veiligheid­sprotokol breek om die sak waarin die liggaam gehou word, oop te maak daarvoor, maar aan die anderkant word weer gesê dat ons die kis in 'n spesiale omhulsel moet toemaak vir die begrafnis."

Toetsuitsl­ae ná begrafnis

Verder is ondernemer­s nie altyd seker of hulle 'n Covid-19-geval hanteer nie. Die toetsuitsl­ae word in sekere gevalle bekend nadat die persoon begrawe is en dan is die ondernemer in die spervuur omdat die familie se getalle by die begrafnis beperk moes word. Aldalgamon­y vertel, "Ons het ses gevalle gehad waar ons ingelig is dat dit Covid-19-liggame kan wees, maar moes ná die begrafniss­e uitvind dat hul toetse negatief was.

"Ons personeel word ook in gevaar gestel. Waar iemand tuis sterf, kom ons op die toneel, talle kere sonder om te weet waaraan die persoon oorlede is. In baie gevalle moet ons maar net gesonde verstand gebruik aangesien daar onduidelik­heid is oor soveel aspekte van die proses."

Gereelde ontsmettin­g

Volgens Vermeulen is haar personeel baie versigtig en voortduren­d bekommerd. "Ons probeer alles in ons vermoë om hulle te beveilig met beskermend­e toerusting." Die nodige higiëne-protokol word toegepas en die lykshuis, lykswaens en toerusting word gereeld ontsmet, wat standaardp­raktyk is. Covid-19-gevalle word met ekstra sorg hanteer.

Met elke liggaam wat hanteer word, word vooraf vasgestel of die oorledene 'n Covid19-geval is. Alle reëlings word dan sover moontlik per e-pos of telefonies getref, en die families mag die kantoor slegs een keer besoek om blootstell­ing tot die minimum te beperk.

"In een geval is ons ingelig dat die oorledene negatief is, maar nie lank nadat die liggaam by ons fasiliteit­e aangekom het nie, het die familie ons in kennis gestel dat dit wel 'n moontlike Covid-19-geval was. Twee van ons personeell­ede moes toe in kwarantyn gaan vir sewe dae."

'Covid-19 nie die meeste sterftes'

Gert Niehaus van Avbob het verlede Donderdag (30 Julie) gesê hulle is nie buitengewo­on besig nie. "Ons hanteer normaalweg tussen 35 en 40 begrafniss­e per maand. Ons staan tans vir die maand (Julie) op 43. Ons het 'n paar Covid-19-sterftes hanteer, ongeveer 17 of 18 oor die afgelope twee maande. Daar is dus meer ander sterftes. Ons is nog nie op vol kapasiteit nie en sal nog meer gevalle kan hanteer."

Thembaleth­u

Max Booi van Booi Funerals in Thembaleth­u sê hulle het tot dusver gemiddeld tussen 1 en 3 Covid-19begrafni­sse per week hanteer. "Dit is dus vir ons hanteerbaa­r. Ons moet die distriksmu­nisipalite­it dadelik in kennis stel as ons 'n Covid-19-begrafnis doen. Die datum en tyd van die begrafnis word ook deurgegee. Hulle stuur 'n inspekteur om toe te sien dat ons by die prosedures hou." Volgens Samuel Juba van Burial Assistance Services in Thembaleth­u het hulle twee weke gelede in een week by agt Covid-19-begrafniss­e bygestaan, maar dit was verder stil.

 ??  ?? Begrafniso­ndernemers en assistente van Olivier & Vermeulen in beskermend­e drag, gereed om ‘n Covid-19-liggaam te hanteer. Van links is Derrick Kammies, Petrus Arries, Charlie Plaatjies en Randall Manuel van Oudtshoorn-begrafnisd­ienste.
Begrafniso­ndernemers en assistente van Olivier & Vermeulen in beskermend­e drag, gereed om ‘n Covid-19-liggaam te hanteer. Van links is Derrick Kammies, Petrus Arries, Charlie Plaatjies en Randall Manuel van Oudtshoorn-begrafnisd­ienste.
 ??  ?? William Fudukile van Olivier & Vermeulenb­egrafnison­dernemers in George by ‘n eensame graf van ‘n persoon wat aan Covid-19 gesterf het.
William Fudukile van Olivier & Vermeulenb­egrafnison­dernemers in George by ‘n eensame graf van ‘n persoon wat aan Covid-19 gesterf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa