Knysna-Plett Herald

Pandemie staan nie in vroue se pad

- Eugene Gunning

Vrouedag is vanjaar onder ander omstandigh­ede gevier, maar daar is steeds erkenning gegee aan die belangrike rol wat vroue in die samelewing speel.

Rosina Ruiters, onderburge­meester van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit, het gesê Covid-19 het wel 'n invloed gehad. "Ons moes kleiner gaan sodat sosiale afstande gehandhaaf kon word." Geskenkpak­kies is van deurtot-deur by bejaarde vroue afgelewer en waar moontlik is kleiner byeenkomst­e ook vir jonger vroue gehou. Die vroue is veral bemoedig om hul plek in die samelewing in te neem. As gevolg van die pandemie is besluit om vanjaar Vrouedag nie net op 9 Augustus te vier nie, maar oor die hele maand. Volgens Ruiters word vroue op die verskillen­de regeringsv­lakke gesien as ’n man se eweknie, maar in die gewone samelewing word daar steeds teen vroue gediskrimi­neer. Dit vind plaas op beroepsvla­k en geweld teen vroue kom ook voor. Daar word gekyk hoe vroue bemagtig kan word. Volgens Blanche Benjamin, omgewingsa­ktivis van Pacaltsdor­p, word daar gewoonlik 'n geleenthei­d gehou, maar vanjaar moes aanpassing­s gemaak word. Onderling het vroue in klein groepies bymekaarge­kom om mekaar op te beur. Vroue word steeds nie regtig raakgesien nie en daar is nog 'n lang pad wat geloop moet word. Mishandeli­ng van vroue moet ook hokgeslaan word.

Dr. Adele Potgieter, voorsitter van die ouditkomit­ees van die Georgemuni­sipaliteit en die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit, het gesê vrouwees moet elke dag gevier word. Omstandigh­ede mag nie bepaal hoe iemand 'n dag deurbring nie.

Sy het vanjaar steeds Vrouedag gevier. "Ek het 'n lieflike dag saam met my ma van 84 jaar en my familie deurgebrin­g. Selfs by die huis kan mens Vrouedag vier. My ma is die rots in my lewe. My ma is die fondament vir alles wat ek vandag is." Charlotte Clarke, Georgeonde­rburgemees­ter, het gesê Vrouedag was vanjaar anders. Sy het die dag beroepsver­pligtinge in haar hoedanighe­id as onderburge­meester gehad. "Dis goed dat die fokus val op die belangrike rol van vroue in die samelewing. Alles begin in die huis waar vroue self 'n voorbeeld kan stel. As vroue mekaar ondersteun, gebeur daar wonderlike dinge. Een van die dinge wat baie moed verg, is vir 'n vrou om haarself te identifise­er. Weet wie jy is, glo in wat jy kan vermag en waarheen jy op pad is."

Clarke sê vroue is sterk genoeg om enigiets in die gesig te staar, al voel dit soms nie so nie. Haar boodskap aan al die klein dogtertjie­s, "Jy moet nooit twyfel in jouself nie. Jy is spesiaal en verdien 'n kans en geleenthei­d in die wêreld om jou drome na te streef."

 ??  ?? Charlotte Clarke, George-onderburge­meester.
Dr. Adele Potgieter (regs) saam met haar ma, Nelsie Botha. Hulle het Vrouedag saam deurgebrin­g.
Charlotte Clarke, George-onderburge­meester. Dr. Adele Potgieter (regs) saam met haar ma, Nelsie Botha. Hulle het Vrouedag saam deurgebrin­g.
 ??  ?? Rosina Ruiters, onderburge­meester van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it.
Rosina Ruiters, onderburge­meester van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it.
 ??  ?? Blanche Benjamin, omgewingsa­ktivis van Pacaltsdor­p.
Blanche Benjamin, omgewingsa­ktivis van Pacaltsdor­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa