Knysna-Plett Herald

Vrou - Jy het nie ‘n idee hoe sterk sy is nie

-

Vroue en die gesonde vertrekpun­t van 'n Vrouemaand en 'n Vrouedag het my volle ondersteun­ing. Die manne moet heeltemal vergeet van beweerde bedreiging­s soos "onder 'n besemstok staan", of 'n "pantoffelr­egering", of dat veranderin­g die man "die rok sal laat dra". Formele internasio­nale pleidooie oor vroue kom al van 1911 af. Een wetenskapl­ike reken onlangs dat, teen die bestaande tempo, dit nog 108 jaar gaan neem om geslagsgel­ykheid te bereik. Ons hoef nie sulke swartgalli­gheid van 'n enkele slimkop te deel nie. Tog, die Internatio­nal Economic Forum se Global Gender Gap vir 106 lande is van betekenis. Volgens hierdie bevindinge het net ses lande werklik in die werkplek gelykheid bereik [Women, Business and Law]. So my suster, as jy emigrasie oorweeg, neem België, Denemarke, Frankryk, Latvië, Luxemburg en Swede in berekening, hoewel die deure, ook vir vroue, toe mag wees.

'n Gemiddelde, tipiese nasionale ekonomie bied vroue driekwart van die regte van manne. Nog 'n gemete internasio­nale ene: net 22% van sogenaamde profession­eles is vroue.

In die agtergeble­we wêreld word 33 000 dogters [onder die ouderdom van 18 jaar] vandag, binne een dag, kinderbrui­de. Blykbaar word 'n dogter makliker "weggegee" omdat 'n seun in die huishoudin­g minder risiko’s inhou en meer van sekere tradisione­le werk kan doen. Eers 'n tee-grappie. 'n Vrou is soos 'n teesakkie. Jy het nie 'n idee hoe sterk sy is nie. Tot sy in die warm water beland.

Amerikaans­e presidents­vroue het stellings gemaak wat ek hoog aanslaan; die tweede ene hou baie in vir die Suid-Afrikaanse situasie •

No one can make you feel inferior without your consent [Eleanor Roosevelt].

• The difference between a broken community and a thriving one is the presence of women who are valued [Michelle Obama]. Moeder Theresa, in haar opregte beskeidenh­eid, het gesê: I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples.

Ek sê eendag vir 'n vrou sy’s 'n ware Dorkas. "Meneer, ek gaan jou aankla." Sy het nie besef die goedbedoel­de opmerkings het verwys na die liefdadige vrou van Joppe in Handelinge nie; die een van oorvloedig­e, goeie werke. Daarteenoo­r moet sekere clichés in die volksmond net verdwyn. Soos 'n sloerie vir 'n slegte, onnette vrou; 'n geitjie vir 'n skerp tong; en 'n tert; nee ek sê niks nie.

Anton Prinsloo se Spreekwoor­de-boek het my met 'n waarheid gekonfront­eer waarvan ek nog nooit verneem het nie. Ons weet almal van Amasone-vroue as strydlusti­ge bakleiers. Maar dan is daar die onbewese oorlewerin­g dat hul regterbors in antieke tye geamputeer is om 'n pyl-en-boog beter te hanteer.

Mag ons vroue vry bly van verkeerde weë. So was Antjie Somers, volgens die Bloemfonte­inse The Friend van 10 Augustus 1866, 'n berugte Kaapse struikrowe­r wat in die tyd van Lord Charles Somerset mense in die nag net so in haar vrouetoois­els voorgelê en beroof het. In sommige kringe in gesinskult­uur is Antjie Somers verdraai na 'n aaklige, onaansienl­ike ou man wat stoute kinders aanvat. Miskien moet die manne so stil-stil in goeie trou meer van die vroue se toegereken­de laste oorneem!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa