Knysna-Plett Herald

Verkeersvr­ou heldin met veggees

- Lizette da Silva

"Ons is so dankbaar sy leef, want toe ons die nuus kry ... ek het mal geword. Dinge kon so anders uitgedraai het." Só vertel Rochelle Bergman, die ma van die provinsial­e verkeersbe­ampte wat verlede Vrydagogge­nd geskiet is. Janneké (29), self 'n ma van 'n 2-jarige dogtertjie, is twee keer geskiet, eers in die knie en toe in haar linkerwang. Die koeël deur haar wang is uit deur haar nek, net bokant haar skouer. Nes haar ouers, beskryf kollegas Janneké as 'n stil mens wat 'n groot passie vir haar werk het.

"Sy is pligsgetro­u en 'n heldin. Sy het 'n veggees in haar wat ek nog nooit gesien het nie. Selfs nadat sy geskiet is, was die stryd vir haar nie verlore nie. Sy het bloeiend in die pad gelê en steeds probeer terugveg deur haar vuurwapen uit te haal om haar aanvaller te skiet, maar sy kon nie genoeg krag bymekaar skraap nie," het een kollega vertel.

Janneké het volgens die Bergmans twee van haar kollegas gaan bystaan nadat hulle 'n silwerkleu­rige Audi A4 in Beachweg, op die brug oor die N2-snelweg naby Stanmar Motors, afgetrek het. Terwyl die beamptes besig was om die verdagte, Bonginkosi Ndevu (28), te boei, het 'n struweling ontstaan waartydens hy 'n vuurwapen uitgepluk en Bergman geskiet het. Ndevu is kort daarna, met die boeie steeds om sy een gewrig, deur die polisie geskiet nadat hy op hulle losgebrand het terwyl hulle hom agternages­it het.

Chantal, Janneké se ouer suster, het vandeeswee­k gesê Janneké ervaar steeds baie pyn en sou Woensdag (gister) 'n tweede operasie ondergaan. Vrydagaand is haar linkerknie geopereer en gister haar regterenke­l wat gebreek is.

"Maar andersins gaan dit beter met haar. Dis vir ons moeilik want ons kan haar nie in die hospitaal besoek nie, maar ons video call gereeld. Dit wat gebeur het, is vir ons as familie 'n groot skok, ook vir haar verloofde, maar ons staan sterk ter wille van my ouers," sê Chantal.

Janneké en haar verloofde, Grasto Seconds, het planne om later vanjaar te trou.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Bonginkosi Madikizela, het ook die Bergman-familie die afgelope naweek by hulle woning besoek en sy woede oor die voorval uitgespree­k. In 'n onderhoud met George Herald het Madikizela die sinnelose aanval skerp vooroordee­l. "Wanneer 'n mens hoor dat een van die mense wat vroeg opstaan om seker te maak ons is veilig op die paaie geskiet word ... die manier waarop dit gebeur ... ek dank God sy lewe en is stabiel," het Madikizela gesê.

 ??  ?? Chantal Bergman staan die media te woord buite haar ouerhuis Sondag. Die Wes-kaapse minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela, het ook die familie besoek. In die agtergrond staan die susters se ma, Rochelle. INLAS: Janneké Bergman
Chantal Bergman staan die media te woord buite haar ouerhuis Sondag. Die Wes-kaapse minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela, het ook die familie besoek. In die agtergrond staan die susters se ma, Rochelle. INLAS: Janneké Bergman
 ??  ?? Janneké se ouers, Rochelle en Jan Bergman.
Janneké se ouers, Rochelle en Jan Bergman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa