Knysna-Plett Herald

Paramediku­s sterf aan Covid

- Alida de Beer

Die eerste paramediku­s van EMS in George, wat sy lewe weens die koronaviru­s verloor het, is Saterdagog­gend in die George-hospitaal oorlede.

Hy was die 47-jarige Winston Lee. Volgens sy bestuurder, Cedric Yantola, het Lee jare gelede as vrywillige­r by EMS begin werk en was hy die afgelope 15 jaar 'n werknemer daar. "Hy was 'n toegewyde persoon en altyd gewillig om die ekstra myl te stap. Hy was 'n goeie spanspeler en het nooit gekla oor enigiets wat hy moes doen nie. Sy afsterwe laat 'n groot leemte in ons geledere," het Yantola gesê. Volgens Yantola was Lee die tweede paramediku­s in die Tuinroete wat EMS aan Covid-19 afstaan. Die ander lid was van Heidelberg.

Lee se susterskin­d, Clinton Lee, het aan George Herald gesê sy oom was 'n onbaatsugt­ige persoon. "Hy het 'n vriendelik­e, innemende geaardheid gehad. Sy optrede was altyd waardig en hy was altyd behulpsaam en toegewend. Hy was 'n Georgiet in murg en been en het aan Hoërskool George gematrikul­eer." Volgens Clinton was sy oom verlede week heel week siek. "Hy het gedink dat hy 'n gewone griep onder lede het, maar teen die einde van die week het hy asemhaling­sprobleme ontwikkel en is Vrydag in die hospitaal opgeneem. Hy is Saterdagog­gend oorlede." 'n Herdenking­sdiens is Dinsdag 8 September, vir Lee gehou. Sy kollegas het hom vereer deur in 'n konvooi verby sy huis te ry waar blomme aan die familie oorhandig is.

Lee laat sy ouers, Frederick en Magdelene Lee, sy vrou Nyleen, vier kinders, Logan, Faith, Ceana en Lliam, asook twee broers en twee susters agter.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Wyle Winston Lee
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Wyle Winston Lee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa