Knysna-Plett Herald

Heavy rains bring joy and stress

-

George received welcome rain over the weekend with the Garden Route Dam area recording 80mm of heavenly water and an increase of 12,79% in the level of the Garden Route Dam, now standing on 91,48%.

On the flip side, a number of residents had to evacuate their homes due to flooding and other issues related to the downpour of water.

Officials were kept busy from the early hours of Sunday morning with the George Fire, Rescue and Disaster Management section providing 73 mattresses, blankets and a pack of 100 face masks to families given temporary shelter in the Pacaltsdor­p and New Dawn Park community halls, as well as to Wilderness Heights residents being sheltered at Hope Church. Some of these families are from the Moeggeploe­g informal settlement. The municipal Disaster Call Centre responded to hundreds of calls, received via the control room from Friday to Sunday, 4 to 6 September.

Between the Disaster Call Centre and the Human Settlement­s division, a total of 212 calls were received for the supply of gunplast. Other logs at the call centre include storm water-related complaints (73), roofs that were blown off (2), motor vehicle accidents (5), informal house fires (7), formal house fires (2), a building fire, civil engineerin­g and technical complaints (216) and electrical faults (70).

The electrotec­hnical teams addressed power outages in Wilderness Village and Wilderness East, as well as Parkdene and surroundin­g areas.

The Civil Engineerin­g teams had to do repair work on three roads that were damaged. At several pipelines, joints came loose due to blockages caused by unwanted objects thrown into the storm water system. This caused flooding and damage to pipelines. Cleaning operations and repairs are currently underway in all of these cases. An inlet at Gwaiing Sewerage Works was blocked due to particles passing through the filters of the pump station. The sea at Ballots Bay was polluted again after the accumulate­d mess in the Meulen River was washed downstream after the heavy rainfall. There were no failures at any of the pump stations along the river that caused a flood or the pollution. The Welgelegen pump station was flooded due to a high inflow of storm water, which may have caused damage. A cleaning operation was undertaken.

- Michelle Pienaar

Die informele gemeenskap­pe van Moeggehuur en Moeggeploe­g wat tydelik in gemeenskap­sentrums gehuisves is na hulle huise Sondag oorstroom het, het Dinsdagaan­d na twee dae in die Pacaltsdor­p-gemeenskap­sentrum en die New Dawn Park-saal, rusteloos geraak. Die mense wou Dinsdagaan­d antwoorde van die munisipali­teit hê oor wanneer hulle kan huis toe gaan. Die feit dat hulle heeldag glo honger was, het ook nie gehelp nie.

Hulle wou die munisipale bestuurder, Trevor Botha, sien, maar Charles Lubbe van behuising het kort na 19:00 met die inwoners gesels. Hy het belowe om teen gistermidd­ag, Woensdag, antwoorde te verskaf. Raadslid Virgill Gericke was ook Dinsdagaan­d daar en het die mense se gemoedere probeer kalmeer.

Van die inwoners het hul stories met George Herald gedeel. Dalene Valentine van Moeggehuur sê hulle was gelukkig om Sondagnag vir raadslid Theresa Fortuin te kon bel wat bereid was om te help. Frances Roelfse van Moeggeploe­g sê hulle is ook dankbaar vir ander raadslede se hulp.

Hy sê hulle het Sondag 'n maaltyd gehad en moes Maandag heeldag wag vir nog 'n ete van die munisipali­teit. 'n Liefdadigh­eidsorgani­sasie het ook ingetree om hul mae vol te hou.

Valentine sê mense het intussen van die sonnige weer gebruik gemaak om hulle nat klere en komberse uit te hang.

Sy sê die munisipali­teit het Dinsdag van die water uitgesuig, maar alles is modderig en dit sal tyd neem vir die huise om binne droog te raak.

Hulle is dankbaar vir wat die munisipali­teit vir hulle kon doen, omdat hulle nie die enigste mense in nood is nie. "Ons weet gemeenskap­pe in Blanco, Thembaleth­u en ander plekke het ook verspoel."

Maskers, matrasse en maaltye

Die George-munisipali­teit se brandweer en reddingsee­nheid het Sondag sowat 73 matrasse asook komberse en sowat 100 maskers voorsien aan die families wat by die Pacaltsdor­p-gemeenskap­sentrum gehuisves word. Chantel Edwards-Klose, kommunikas­iebestuurd­er, sê hulle moes inwoners van Moeggehuur huisves in New Dawn Park se saal en ook inwoners van Wildernish­oogte by die Hope Church daar. "Ons sosiale ontwikkeli­ngseenheid het die mense Sondag en weer Maandag van 'n warm maaltyd voorsien." Volgens die munisipali­teit is daar tans 85 mense (50 grootmense en 33 kinders) by Pacaltsdor­p se saal en 22 (12 grootmense en 10 kinders) by die saal in New Dawn Park.

Ongeskik vir huise

Volgens die behuisings­eenheid is Moeggeploe­g gebou op grond wat nie geskik is vir residensië­le behuising nie, veral omdat die huise gebou is van substandaa­rd materiale. Die area is onder straatvlak geleë wat beteken hulle gaan aanhoudend die probleem ervaar. Die departemen­t kyk na 'n oplossing asook na verskeie maniere om die water weg te laat vloei. Hulle gaan ook gunplast, 'n stewige swart plastiek, verskaf sodra die inwoners terug by hul huise is.

Desiré Bredenkamp van Moeggeploe­g sê hulle het 'n lys van probleme en moontlike oplossings aan die munisipali­teit gestuur. Sy sê die probleme sal nie weggaan as hulle elke keer net gunplast gegee word nie. "Die wind en weer maak dit bros en omdat dit met spykers vasgekap word, skeur dit gou. Ons het baie talent om self ons huise reg te maak, maar het die munisipali­teit se ondersteun­ing nodig met voorraad. Huise het nie vloere nie en die grond is gelyk wat beteken die water loop nie weg nie. Blykbaar is daar reeds belowe om 'n tipe wegvloeisi­steem te bou, maar dit het nog nie gebeur nie.”

 ??  ?? Just outside Blanco, on the road from Witfontein, Sinead Hattingh is awed by the power of water.
Just outside Blanco, on the road from Witfontein, Sinead Hattingh is awed by the power of water.
 ??  ?? Mense sit en luister na wat Charles Lubbe van behuising sê, maar nie almal was tevrede nie.
Mense sit en luister na wat Charles Lubbe van behuising sê, maar nie almal was tevrede nie.
 ??  ?? Een van Moeggehuur se huise wat kniehoogte in die water staan.
Een van Moeggehuur se huise wat kniehoogte in die water staan.
 ??  ?? Frances Roelfse van Moeggeploe­g sê hulle kan nie huis toe gaan voor hulle nie gehelp is nie.
Frances Roelfse van Moeggeploe­g sê hulle kan nie huis toe gaan voor hulle nie gehelp is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa