Knysna-Plett Herald

Mond- en Voetskilde­rs sluit dalk hul deure

- Eugene Gunning

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs, met hul hoofkantoo­r in George, staar 'n onseker toekoms in die gesig en kan moontlik hul deure sluit. Die nie-regeringso­rganisasie (NGO) is onder groot finansiële druk as gevolg van die Covid-19-inperkings­maatreëls.

Die organisasi­e is afhanklik van bydraes van die publiek en die verkoop van lede se kunswerke.

Hulle bestaan al sedert 1958 en het byna agt jaar gelede hul kantore van Kempton Park in Gauteng na George hervestig. Tot in Junie/Julie het hulle 'n winkel op Hartenbos gehad, maar moes dit sedertdien sluit. Hulle moes ook van hul toerusting verkoop en sukkel om hul maandeliks­e verpligtin­ge na te kom. Vyf personeell­ede het reeds hul werk verloor, terwyl net enkeles nou help met die bedryf van die organisasi­e.

Belinda de Klerk van die organisasi­e sê 24 kunstenaar­s is afhanklik van die organisasi­e vir hul inkomste. As hulle moet sluit sal hulle nie meer 'n platform hê om hul kunswerke te verkoop nie. "Daar is 'n groot moontlikhe­id dat ons sal moet toemaak. Dit sal beteken alle aktiwiteit­e sal staak."

Van die bates wat hulle reeds moes verkoop is masjiene wat van die kunswerke reprodusee­r en gebruik word om afdrukke mee te maak.

Dit skep onsekerhei­d en dit is nie net die kunstenaar­s wat geraak word nie, maar ook hul families en afhanklike­s.

Patrick Botto, (49) 'n lid van die Mond- en Voetskilde­rs het gesê die jongste gebeure is 'n groot bekommerni­s.

Botto kom oorspronkl­ik van Grabouw. Later het hy in Pretoria as 'n vingerafdr­ukdeskundi­ge by die polisie gaan werk. Op 12 November 1993 het sy lewe vir altyd verander. Hy en sy kollegas het van 'n jaareindfu­nksie teruggekee­r en was in ’n motorongel­uk betrokke. Een persoon het in die ongeluk gesterf en Botto het sy nek gebreek.

Hy het met sy mond leer skilder en dit het nuwe deure vir hom oopgemaak. Sy paaie het in 1998 met die organisasi­e gekruis en in 2000 is hy as student aangestel. Hy het hom verlede jaar permanent in George kom vestig. Op die oomblik het hy baie vrae. "Mens vra jouself hoe gaan jy hierdeur kom." Maar hy vertrou op die Here.

Hy is afhanklik van die inkomste. "Die organisasi­e het my baie gehelp. My ontmoeting met hulle het my lewe verander en my finansieel gehelp. Ek het verpligtin­ge en het verlede jaar onder meer 'n huis gekoop. Dis 'n baie hartseer situasie."

The Associatio­n of Mouth & Foot Painters South Africa, whose head office is in George, may have to close its doors. The associatio­n is under financial pressure due to Covid-19 regulation­s.

 ??  ?? Patrick Botto (voor), ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs het die vuurtoring geskilder van Kaap Agulhas en dit is afgedruk op ‘n kussing. Hier staan Yvonne Labuschagn­e, en Belinda de Klerk van die organisasi­e by hom.
Patrick Botto (voor), ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs het die vuurtoring geskilder van Kaap Agulhas en dit is afgedruk op ‘n kussing. Hier staan Yvonne Labuschagn­e, en Belinda de Klerk van die organisasi­e by hom.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Belinda de Klerk van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs by van die kunswerke wat hulle verkoop om geld in te samel.
Foto’s: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Belinda de Klerk van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilde­rs by van die kunswerke wat hulle verkoop om geld in te samel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa