Knysna-Plett Herald

Ricky G groet EDENfm

- Salette Cloete

Na tien jaar in George en as deel van EDENfm, het Ricky G die week met hartseer die stasie gegroet. Die kind van die Karoo het gekom om vir homself naam te maak, en was nie bang om hard en oor naweke te werk om dit moontlik te maak nie.

Henricus Gysman het in die harte geklim van sy luisteraar­s wat almal die week geskok was toe hy Maandagogg­end tydens sy oggendprog­ram die aankondigi­ng gemaak het. Baie luisteraar­s was hartseer, ander het hom sterkte toegewens en gesê hulle gaan hom mis. Gysman het intussen 'n naam gemaak vir homself en dis hoe Ricky G gebore is. Volgens hom is hy steeds besig om sy empire saam met sy meisie en sakevennoo­t, Nirvana Alie te bou. Gysman is nie net 'n bekende radio-omroeper in die Tuinroete nie, hy is ook 'n nasionale stemkunste­naar, 'n seremoniem­eester en nou sakevennoo­t. Hy vertel elkeen wil sy eie plekkie in die son hê, iets wat hy vir homself uitgekerf het, en hy is elke dag daarmee besig.

Die stap vorentoe, sê Gysman, was nie 'n maklike besluit nie, maar hy het geweet dit gaan een of ander tyd kom. George is een goeie hardwerken­de persoon minder, en Prince Alfred waarheen hy verhuis, word een ryker. Hier gaan hy vir die departemen­t van justisie werk.

Hy sien uit na sy nuwe avontuur omdat dit aansluit by sy studies in openbare bestuur en regering.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa