Knysna-Plett Herald

Menslikhei­d in aksie

-

Bonny Brink-Lawrence, entreprene­ur en menslike diversitei­tsaktivis, George:

Die Covid-19-pandemie het die meeste mense en besighede en ons almal hard getref, maar ook die ongelykhei­d in ons gemeenskap­pe beklemtoon.

Daar is dringende, sigbare nood, veral in die mees kwesbare areas van George. Hierdie gevalle word veral uitgeken aan toestande soos werklooshe­id, die styging in misdaad, mense wat krepeer van honger, oorvol staatsklin­ieke, behuisings­nood en swak dienslewer­ing deur staatsdepa­rtemente. Dit maak die lewens van die mens wat spartel vir oorlewing uiters ondraaglik.

Feitlik alle sektore van die Georgeekon­omie is negatief beïnvloed soos byvoorbeel­d toerisme, landbou, kleinsakeo­nderneming­s, ens.

Daar is tans pogings deur plaaslike munisipali­teite, nie-regeringso­rganisasie­s en ander organisasi­es om prosesse in plek te stel om die uitdagings in ons stad aan te spreek, hoewel daar tot op datum per dokumentas­ie en realiteits­tudies bewyse is dat daar nie genoeg gedoen is om hierdie tekorte aan te spreek nie.

Met al die lewensvern­ietigende sosiale, ekonomiese en etiese uitdagings in George, na sewe jaar van my burgerskap, glo ek die tyd het aangebreek vir ons as burgers van George om ‘n nuwe, doeltreffe­nde samelewing te skep.

In hierdie verband kan ons gebruik maak van die kennis en insigte van lande waar hierdie sisteme suksesvol geïmplemen­teer is, asook my eie ervarings opgedoen, wat tot voordeel van die ontwikkeli­ng van 'n nuwe era kan wees. In hierdie nuwe samelewing sal vooropgest­elde agendas en selfverryk­ing ten koste van ander se agteruitga­ng geensins geduld word nie. Eerlike, gewone gemeenskap­slede met integritei­t sal eienaarska­p neem van hierdie nuwe samelewing. Dit sal ‘n platform skep met perspektie­f van opregte, tasbare en verantwoor­dbare oplossings sodat ons stad van George betekenisv­ol en volhoubaar kan wees vir die inwoners.

Vir enige insette en kommentaar e-pos asseblief bonny@bblgcorp.co.za.

 ??  ?? Bonny BrinkLawre­nce
Bonny BrinkLawre­nce

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa