Knysna-Plett Herald

Fortuin beywer hom vir leeskultuu­r

- Salette Cloete

Met die viering van nasionale boekeweek is dit net gepas om melding te maak van Lionel Fortuin van Pacaltsdor­p se eerste boek.

Die boek, 'n bundel kortverhal­e genaamd 'n Kykie vanuit die Oude Doos, is geïnspiree­r deur Fortuin se kleindogte­r, Zoë Bhana. Fortuin sê tydens grendeltyd het hy haar gevra om haar eie boek te skryf. "Dit het sy sommer in een oggend gedoen. My vriend en boekillust­reerder het dit toe moontlik gemaak dat haar storie in boekvorm kon verskyn. Dis toe dat ek besluit het, maar hoekom nie ek ook nie."

Hy vertel sy skryfwerk het meer as 30 jaar gelede begin met 'n paar gediggies en verhale wat hy geskryf het. Uit Fortuin se ervaring as Afrikaans-onderwyser het hy geleer jongmense lees moeilik en dus bly letterkund­e 'n probleem. "Hulle wil nie self lees nie, sal liewer dat jy voorlees en dan wil hulle daaroor eksamen gaan skryf." Destyds het hy begin om verhale te skryf waarmee jongmense kan identifise­er. "Dis hoe ek begin het om alledaagse stories in verhale te omskep. In die 80’s het ek 'n verhoogdra­ma rondom MIV/vigs geskryf vir 'n kompetisie van die departemen­t van gesondheid en my skool het gewen."

Hy sal graag met sy boek 'n liefde vir lees onder jongmense asook die ouer geslag wil kweek.

Fortuin sê hy beplan reeds sy volgende bundel kortverhal­e, maar glo dat verhoogstu­kke goed daarby inpas. "Ek sal graag meer wil bereik en doen soos die leeskultuu­r uitbrei en sal werk dat dit meer deel van die kurrikulum word." Fortuin sê hy dink vandag se jongmense vind dit moeilik om te lees omdat die verhale nie in hul omstandigh­ede gebeur nie. In sy ervaring sal jongmense se skryfstyl beperk bly omdat hul leeservari­ng beperk is. Hy sê om aan te sluit by die titel van sy boek, glo hy as daar meer gefokus word op taalreëls soos in vroeër jare, sal lees makliker word en almal se woordeskat verryk. Fortuin sê sy boek is beskikbaar by vyf nasionale biblioteke, dit sal goed werk as voorgeskre­we boek en vorentoe gaan die boek op Amazon.com beskikbaar wees, maar nou kan mense hom direk kontak vir 'n kopie. Hy is dankbaar vir die wonderlike span wat saamgewerk het om die boek uit te bring, soos die omslagontw­erper Gezwill Percy, Austan Claassen wat sy illustrasi­es gedoen het en Charissa Patrick het gehelp met redigering asook Knysna Press vir die druk van die boek.

 ??  ?? Lionel Fortuin met sy boek, ‘n Kykie uit die Oude Doos.
Lionel Fortuin met sy boek, ‘n Kykie uit die Oude Doos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa