Knysna-Plett Herald

Handelslig­a se balle is weer aan die rol

- Jannie Meyer

Die handelslig­a-rolbalspel­ers, wie se lus al uithang om weer sosiale rolbal te speel, sal van hierdie week af weer aan die Relax Foam & Bed-reeks by Outeniquar­olbalklub deelneem.

Die klub het besluit om streng by die Covid-19-beperkings te hou, en veranderin­ge aan die formaat en kompetisie gemaak.

Die klub mag slegs 36 spelers op 'n slag op die baan toelaat en ook net in spanne van drie spelers elk. Gevolglik is besluit om hierdie besigheids­liga in ‘n Groep A, wat op Dinsdae gaan rol, en Groep B, wat op Donderdae gaan speel te verdeel. Na vier weke gaan die topses spanne van beide groepe en die onderste ses spanne van beide groepe teen mekaar speel.

Vir die laaste twee wedstryde sal die onderste ses spanne van beide groepe dan Groep A vorm wat op die Dinsdag sal rol en die boonste ses spanne van beide groepe sal Groep B vorm wat op die Donderdag sal rol.

The finaal van Group A sal op 13 Oktober plaasvind en dié van Groep B op 15 Oktober.

Deelnemers moet onthou om maskers te dra en volgens Covid-19-regulasies, met aankoms die register invul.

Soos in die verlede is alle belangstel­lendes welkom om die wedstryde by die Outeniquar­olbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k by te woon. Wedstryde begin om 18:00 en die klubhuis sluit teen 21:30. Die klub bied ligte etes aan en 'n kontantkro­eg is beskikbaar. Instansies wat as borge betrokke wil wees, kan vir Greg Young by 082 804 8943 skakel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa