Knysna-Plett Herald

Raadslid gelukkig dat sy nog leef

- Kristy Kolberg

"Ek is gelukkig dat ek leef. Almal wat my motor gesien het sê ook so." Só sê raadslid Liza Stroebel ná sy Sondag 6 September betrokke was in 'n motorongel­uk wat 'n ander vrou se lewe geëis het. Stroebel was onderweg van Mosselbaai na haar huis in Heatherpar­k toe die ongeluk omstreeks 16:25 by die kruising tussen die R102 en die R404 plaasgevin­d het. Sy en ses insittende­s van die ander voertuig, 'n Corsabakki­e, is met ernstige en minder ernstige beserings na die hospitaal geneem. Stroebel is sedertdien ontslaan en herstel tans tuis. Magdalena Frans (57), die passasier wat langs die bestuurder in die Corsa gesit het, het egter aan haar beserings beswyk en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Teen druktyd kon George Herald nog nie daarin slaag om met Frans se familie kontak te maak nie.

Volgens Stroebel het sy by die kruising gestop en toe dit veilig was het sy die hoofpad (R102) oorgesteek. "Daar was geen verkeer in sig nie. Ek het die pad oorgesteek en toe ek aan Blanco se kant van die pad kom het daar skielik 'n Corsa-bakkie reg van voor, uit die rigting van Blanco, op my afgepyl," vertel sy.

Die impak was van so 'n aard dat die Corsa-bakkie Stroebel se Nissan Qashqai terug tot in die hoofpad gestoot het. "Die lugsakke het ook dadelik ontplooi en toe ek besef ek word terug in die hoofpad gestoot het ek dadelik die handrem opgetrek. Gelukkig was daar geen ander voertuie betrokke nie," het Stroebel Dinsdagogg­end gesê. Metro-nooddienst­e het die ander insittende­s in die Corsa-bakkie na die George-hospitaal geneem en Stroebel is deur ER24-paramedici na Mediclinic George geneem.

"Ek was in veilige hande en baie dankbaar vir die welwillend­heid van lede van die publiek wat my bygestaan het. 'n Spesiale dankie aan ons onderburge­meester, Charlotte Clarke en haar man, vir die bystand tot die ambulans my weggeneem het," sê Stroebel. Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, word 'n saak van strafbare manslag ondersoek.

"George-polisie het 'n saak van strafbare manslag geopen. Volgens inligting wat op die toneel bekom is het 'n Nissan en 'n

Opel Corsa-bakkie reg van voor gebots. Ongelukkig is die passasier in die Corsa oorlede," sê hy.

Die ondersoek duur voort.

IN SHORT

George Councillor Liza Stroebel is lucky to be alive after an accident at the infamous airport crossing of the R102 and the R404 that claimed one woman’s life. Stroebel was on her way home from Mossel Bay to Heather Park on Sunday 6 September when she was involved in the collision with a Corsa bakkie coming from Blanco. The passenger in the front seat of the Corsa, Magdalena Frans (57), was declared dead on the scene. A case of culpable homicide has been opened. The other six occupants of the Corsa, including the driver, were transporte­d to George Hospital with serious injuries. Stroebel sustained a broken rib and bruising from the airbag that was deployed during the crash.

 ??  ?? Die Corsa-bakkie het die Nissan Qashqai reg van voor getref.
Die Corsa-bakkie het die Nissan Qashqai reg van voor getref.
 ??  ?? Die passasier wat voor langs die bestuurder van die Corsa-bakkie gesit het, is oorlede tydens die ongeluk. Die bakkie is ook afgeskryf.
Die passasier wat voor langs die bestuurder van die Corsa-bakkie gesit het, is oorlede tydens die ongeluk. Die bakkie is ook afgeskryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa