Knysna-Plett Herald

Carpe Diem se kosprojek op Britse TV

- Salette Cloete

Die Carpe Diem skool vir fisiek-, verstandel­ik- of leergestre­mde leerders het onlangs internasio­nale nuus gehaal toe hulle storie op ITV-nuus in Brittanje vertoon is. Die aangrypend­e insetsel wys hoe die skool kos aan tientalle leerders se gesinne verskaf. Elzeth Grobler, die skoolhoof vertel dat hulle gedurende vlak 5 van die grendeltyd vinnig besef het dat daar ‘n groter behoefte by hul leerders se huise as tevore was.

"Ons het gewoonlik so 50 gesinne oor langvakans­ies met 'n kospakkie gehelp, maar nog nooit was ons spesiale leerders so lank soos nou weg van die skool nie. Danksy permitte van die WKOD het vyf van ons met toestemmin­g begin om kos na ons leerders, wat nie in lang rye by ander skole kon gaan staan vir etes nie, na hulle huise te neem." Grobler sê dit het nogal werk gekos om kospakkies, mediese pakkies asook werkspakki­es by hul leerders te kry oor ‘n area wat strek vanaf Riversdal tot Plettenber­gbaai. Sy sê die gemeenskap­pe het hulle mooi ondersteun en ook gehelp om die pakkies af te lewer.

"Ons het begin met 50 kospakkies, maar teen laat April het die foon onophoudel­ik gelui vir hulp."

Die leerders van Carpe Diem eet as deel van die nasionale skole voedingspr­ogram daagliks pap, broodjies vir pouse en dan 'n lekker middagmaal­tyd, vyf dae 'n week. Grobler sê nou was die kinders tuis in 'n pandemie en hul ouers het hulle werk begin verloor.

"Die nood het gegroei en teen vroeg Mei was daar 80 en toe baie skielik 120 en tans verleen ons hulp aan so 180 leerders. Ons het met toestemmin­g die NSNP kos per porsie per kind in die kospakkies geplaas, maar besef ons moet huisgesinn­e help waar daar tot agt mense woon." Volgens Grobler kon hulle nooit alles doen sonder hul wonderlike personeel en die beheerraad van Carpe Diem skool asook die koskombuis by NG Gemeente George-Suid, bydraes van die Lions asook CRC-gemeente, borge in die dorp soos Hartmans en donateurs van oor SuidAfrika en selfs nou van oorsee na hul storie op televisie was in Londen.

Die skool het op hede R65 000 se kos aangekoop en uitgedeel. "Met die genade van Bo het Siya en Rachel Kolisi se wonderlike kosprojek ook van ons gehoor en het hulle reeds twee maal in samewerkin­g met Pick n Pay vir ons 80 kospakkies kom aflewer. Ons opregte dank aan elke warm hart en oop hande om te help." Wat die situasie erger maak, sê Grobler, is dat die nood nie minder raak nie. "Ons probeer ook tans ons groentetui­ne saam met die voedingspr­ogram en hulp van plaaslike kundiges uitbrei, want ons besef ons sal vir langer leerders en hul gesinne tuis moet ondersteun met kos as net vir nou." Grobler sê al is die leerders terug by die skool is daar steeds leerders met komorbidit­eite tuis. Die etes by die skool help definitief, maar dit het nie die ekonomiese behoefte aan kos tuis verminder nie. Die koshulp tuis is 'n moet vir oorlewing. Carpe Diem sal na die beste van hul vermoë bly help, want hierdie leerders is hul hart se punt!

Carpe Diem vier ook vanjaar hulle 21ste verjaarsda­g. Lees meer oor die skool se ryk geskiedeni­s aanlyn en besoek hulle Facebook-blad as jy ook wil help.

Die nood het gegroei en teen vroeg Mei was daar 80 en toe baie skielik 120 en tans verleen ons hulp aan so 180 leerders.

 ??  ?? Skoolhoof Elzeth Grobler oorhandig kos aan ‘n leerder van die skool. INLAS: Elzeth Grobler
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Skoolhoof Elzeth Grobler oorhandig kos aan ‘n leerder van die skool. INLAS: Elzeth Grobler Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa