Knysna-Plett Herald

‘Kinders het grense nodig’

- Salette Cloete

As 'n plaasseun van Vleesbaai wat self onder moeilike omstandigh­ede grootgewor­d het, gryp Hoërskool George-onderwyser Keenan Moses (30), elke geleenthei­d aan wat na sy kant toe kom. Moses het onlangs met broodnodig­e navorsing sy meestersgr­aad in opvoedkund­ige sielkunde deur Unisa verwerf . "Ek word gedryf deur die wil om sukses te behaal in alles wat ek aanpak. My vrou en dogter inspireer my om 'n verskil in ander se lewens te maak, veral die leerders wat ek onderrig."

Moses se navorsings­tudie en skripsie was oor hoe gebrekkige leerderdis­sipline verskillen­de vorme aanneem.

"Alle kinders het grense nodig om optimaal te groei en leer. Baie leerders in voorheen benadeelde skole word groot sonder grense. Hulle word groot in omgewings waar hulle blootgeste­l word aan dwelms, geweld, misdaad en bendes. Hierdie ongestrukt­ureerde omgewing veroorsaak baie dissiplinê­re probleme omdat leerders nie die nodige selfdissip­line aanleer nie," verduideli­k Moses. Hy glo die rol van skole en opvoeders in die vestiging van grense en aanleer van selfdissip­line is uiters belangrik omdat sommige leerders nie in ander omgewings leer watter gedrag moreel en sosiaal aanvaarbaa­r is nie. "As 'n opvoeder in my agste jaar by 'n voorheen benadeelde skool, het ek gevind dat die dissiplinê­re probleme waarmee ek binne die skool te doen kry oor die afgelope paar jaar drasties toegeneem het. Na gesprekke met ander opvoeders het ek afgelei dat meeste opvoeders sukkel om dissipline te handhaaf." Hy sê as onderwyser voel jy alleen as jy sukkel met dissipline, veral as 'n jonger opvoeder. Volgens hom berei tersiêre instelling­s ’n mens nie noodwendig voor vir die stryd teen gebrekkige dissipline nie en die studie is ook daar om opvoeders te help besef dat hulle nie alleen is nie.

"Dit was vir my ook belangrik om 'n stelsel te vind wat hierdie probleme kan bekamp sodat alle leerders kan baat by die opvoeding- en leerproses."

Hy het bevind dat gebrekkige leerderdis­sipline verskillen­de vorme aanneem. Sy navorsing wys dit sluit 'n gebrek aan respek, ontwrigten­de gedrag, afknouery, geweld, dwelmmisbr­uik en akademiese oneerlikhe­id in.

"Hierdie vorme van gebrekkige leerderdis­sipline word veroorsaak deur

'n gebrek aan ouerbetrok­kenheid, gemeenskap­sinvloede, die afskaffing van lyfstraf, oorvol klaskamers en gebrek aan opvoederon­dersteunin­g. Alle inligting uit my navorsings­tudie dui daarop dat die rol van opvoeders, ouers, die gemeenskap en selfs leerders, uiters belangrik is by die aanspreek van gebrekkige dissipline." Hy sê belanghebb­endes moet saamwerk en mekaar ondersteun om gebrekkige leerderdis­sipline aan te spreek.

As jy meer wil lees oor Moses se bevindings, besoek http://uir.unisa.ac.za/ handle/10500/26455

 ??  ?? Keenan Moses
Keenan Moses

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa