Knysna-Plett Herald

Lewer jou insette oor ekonomie

- Eugene Gunning

Inwoners word genooi om insette te lewer oor hoe om die ekonomie van George te herstel nadat vlak 1 inperking vanaf Maandag van krag is. George-burgemeest­er, Leon van Wyk, bygestaan deur Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies en ekonomiese ontwikkeli­ng, het in 'n onderhoud met George Herald die pad vorentoe bespreek.

Beide Van Wyk en Wessels is dit eens dat uitdagende tye wag. Van Wyk het gesê die plaaslike ekonomie het erg seergekry en die fokus is nou op werksgelee­nthede, veiligheid, waardighei­d en gesondheid.

Die George-munisipali­teit speel 'n fasiliteri­ngsrol en kyk byvoorbeel­d hoe om bestaande geleenthed­e in die ekonomie aan te wakker. George het unieke voordele soos dat pendelaars nie in swaar verkeer hoef te sit nie 'n pluspunt vir beleggers. Covid-19 se eerste uitdaging was hoe om die pandemie uit 'n gesondheid­soogpunt te hanteer.

Die fokus verskuif nou na ekonomiese herstel. Die syfers wys dat 'n moeilike paadjie wag. Na raming was daar in Suid-Afrika gedurende April een uit elke drie persone wat nie 'n werk gehad het of nie betaal is nie. Die ekonomie in die Wes-Kaap het met 13,6% gekrimp en werksgelee­nthede het met 10,1% gedaal. In die Tuinroete was dit nog erger. Daar word gewerk aan planne en veral drie sektore kry aandag: toerisme, konstruksi­e (voorsienin­g van infrastruk­tuur) en die informele ekonomie. Terwyl die landbousek­tor produksie kan verhoog, sal huishoudin­gs ook aangemoedi­g word om groentetui­ne te vestig. Van Wyk het benadruk vinnige, daadwerkli­ke optrede is nodig om te keer dat ongelykhei­d toeneem. Wessels het gesê toegang tot die ekonomie moet vergemakli­k word. Toerisme is 'n belangrike ekonomiese dryfveer en behels 'n wye verskeiden­heid vertakking­e soos avontuursp­ort en mediese toerisme. Mense kom na die gebied omdat hier goeie mediese sorg is en benut dan ook die toerismege­leenthede van die gebied. Lesers wat insette wil lewer of uitdagings en geleenthed­e wil bespreek kan e-posse stuur na supportbus­iness@ george.gov.za.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Leon van Wyk, (links) George-burgemeest­er, en Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies en ekonomiese ontwikkeli­ng.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Leon van Wyk, (links) George-burgemeest­er, en Dirk Wessels, burgemeest­erskomitee­lid vir finansies en ekonomiese ontwikkeli­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa