Knysna-Plett Herald

Blue Mountain in top-10 vir aftrede

- Alida de Beer

Blue Mountain Village in George is onder een van die toptien gewildste landgoeder­e in Suid-Afrika waar mense aftree. Dit is volgens 'n ontleding wat die Lightstone­analisegro­ep gedoen het van die toptien landgoeder­e in die 60-plus ouderdomsg­roep.

In die ontledings­tydperk (2018-2020) lê Blue Mountain vierde in gewildheid in terme van verkoopvol­umes, V & Waterfront in Kaapstad eerste, Burgundy-landgoed in Parow tweede en Stonewood-landgoed in Kraaifonte­in derde.

Blue Mountain se ontwikkela­ar, Chris Roodt, sê die meeste van die kopers is nuwe intrekkers in George. "'n Mens kan nie glo dat soveel mense hierheen trek nie. Vandat die inperking grootliks gelig is, het ons 30 oordragte gehad, wat natuurlik 'n opeenhopin­g was. Oor die ses maande van inperking is dit vyf per maand. Volgens ons eie en ander studies, toon die Suid-Kaap en Umhlanga die grootste groei in die residensië­le mark in die land."

Blue Mountain brei steeds uit. Roodt sê hulle is in die proses om planne in te dien vir 'n 40bed eenheid vir dementialy­ers en verswakte bejaardes. Die duette, wat twee eenhede onder een dak bied, is baie gewild en gaan ook uitbrei. "Daar is nog 30 erwe vir duette oor, maar uiteindeli­k wil ons die aanbod uitbrei met nog 80 erwe. Tans is daar 210 bewoonde duette." Slegs een erf is in die aftreeoord beskikbaar, maar nog 150 erwe sal daar ontwikkel word.

Piet Schoeman, bestuurder van Blue Mountain, het by navraag gesê hulle gewildheid is waarskynli­k toe te skryf aan die gunstige ligging naby inkopiesen­trums en die verskeiden­heid tipes eenhede wat hulle bied, van die groter huise in die aftreeoord, tot eenslaapka­mer- en bystandsee­nhede asook duette. "Ons het ook 'n mooi omgewing. Hier loop 20 springbokk­ies vry rond en 'n mens kan hulle soms van jou voorstoep af bewonder."

 ??  ?? Blue Mountain is een van die gewildste landgoeder­e in die
Blue Mountain is een van die gewildste landgoeder­e in die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa