Knysna-Plett Herald

2018 Pinot noir die regte wyn vir advokaat

- Eugene Gunning

Adv. Donald Ackerman is nie net 'n bekende regsgeleer­de van George nie, maar hy maak ook wyn in sy vrye tyd.

'n Groot eer het hom te beurt geval toe sy 2018 pinot noir (Sovereign of the Seas) onlangs aangewys is as een van die top-10wyne in die Prescient-kompetisie. Gedurende die week tree hy op as regsgeleer­de, maar as hy die kans kry, maak hy wyn wat kenners gaande het.

Sy wynmakery kom al 'n lang pad. Ackerman kom oorspronkl­ik van Vanderbijl­park in Gauteng en het later na Pretoria verhuis waar hy gewerk en studeer het. In 1990 het 'n vriend hom na 'n ete genooi. Dié aand het Ackerman 'n 1984 Allesverlo­ren shiraz geproe en daar is die saadjie geplant. Hy wou meer uitvind oor wyn en het op die internet begin rondsnuffe­l. Hy het ook 'n wynproekur­sus gedoen en eksamens afgelê. In 2001 het hy Kaap toe verhuis. "Vir iemand wat in wyn belangstel was die Kaap soos 'n utopie," het hy vertel.

In 'n stadium het hy 'n kantoor langs Pierre Rabie gehad. Rabie het geweet hy gaan elke Woensdag na 'n wynproegel­eentheid en wou by hom weet of hy nie belangstel om sy eie wyn te maak nie. Rabie het hom voorgestel aan 'n vriend van sy pa, Johan de Kock, wat naby Bredasdorp wyn gemaak het. Uiteindeli­k het hy druiwe by De Kock gekoop en dié het ook as mentor vir hom opgetree vir sy wynmakery.

In 2013 het Ackerman shiraz-wyn gemaak. Hy het dit in vate gegooi en later aan iemand verkoop wat dit gebottelle­er het. Die man het vir 'n kompetisie ingeskryf en 'n prys daarmee gewen. Intussen het Ackerman ook 'n deeltydse wynmakersk­ursus by die Universite­it van Stellenbos­ch voltooi.

In 2016 het hy en sy vrou, Urice, na George verhuis. Hier het hy 'n wynpoe-geleenthei­d aangebied en met Nico Fourie van Herold Wines gesels. In 2017 het hy druiwe by hom gekoop en in 2018 is die pinot noir gemaak. Dit was die eerste keer dat hy heeltemal op sy eie wyn gemaak het. Hy het dit vir 20 maande in twee 300 liter Franse eikevate verouder. Gewoonlik word dit net vir nege maande gedoen. Ackerman wou die wyn meer "lyf" gee en dit "intens" maak. Dit het die gewenste uitwerking gehad. Hy bemark dit onder die naam Flying Cloud. Dis die naam van 'n skip wat in 1851 in Boston Amerika te water gelaat is en destyds regoor die wêreld gevaar het.

Die wyn is ingeskryf vir die Prescientw­ynkompetis­ie en vroeg in September is die uitslag bekendgema­ak. Dit was onder die toptien en sal vroeg in Oktober in die handel beskikbaar wees.

Hy geniet wynmakery en sy leuse is eenvoudig: "A passion for excellence" want die wyngebruik­er verdien dit. En dié wynmaker leef dit.

A butchery sells steak, lamb, pork and biltong, right? Right, but at The Bench Butchery & Deli you'll get much, much more. Buy your meat and boerewors for the weekend's braai, and enjoy your favourite cappuccino while you wait for your meat pack. Plus, they are well known for their delicious biltong. And if you're not in the mood for cooking, just stop at The Bench Butchery & Deli for a lovely cooked meal.

The Bench Butchery & Deli is situated on the corner of Wellington and Stockenstr­öm streets in Bodorp, where Martin's Butchery - and more recently Biltong and Braai used to be.

With David Gilbertson, master butcher with 30 years' experience at the helm, you can be sure that you will get the best quality meat available.

This innovative butchery and deli is an extension of The Bench Eatery and Bar in York Street, owned by business partners Gary Bright and Mark Grover who have 20 years' restaurant experience. Wanting to broaden their horizons and establish a crossover between eatery and butchery, these two pros couldn't resist when Biltong and Braai came on the market. Continuing to offer the popular Martins Butchery boerewors and cheesy smoked grillers, the rejuvenate­d butchery offers the best meat and deli products, daily specials and overall great prices, all with a friendly smile and top service.

Visit The Bench Butchery & Deli today and enjoy the welcoming atmosphere of the newly renovated premises.

View their daily specials on their Facebook page or join their WhatsApp group. The Bench Butchery & Deli can be contacted on 044 874 5890.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Adv. Donald Ackerman, ‘n regsgeleer­de van George, maak in sy vrye tyd wyn. Sy 2018 pinot noir is aangewys as een van die toptien-wyne in die Prescientk­ompetisie.
Foto: Eugene Gunning Adv. Donald Ackerman, ‘n regsgeleer­de van George, maak in sy vrye tyd wyn. Sy 2018 pinot noir is aangewys as een van die toptien-wyne in die Prescientk­ompetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa